picture1_310w
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Frans-Italiaans-Meksikaans-Pretoria-panbredie

Blitsvinnige resepte van Die Nataniël Tafel, episode 15

  • 1 blikkie cannellini-bone
  • 1 blikkie swartbone
  • 1 koppie jong tamaties, gehalveer
  • 1 hand vol jong spinasie
  • 4 eiers
  • 1 eetlepel druiwepit-olie
  • seesout
  • grofgemaalde swartpeper
  • 1 handvol italiaanse pietersielie

Plaas pan, wat ‘n deksel het, op ‘n mediumhoogte plaat met druiwepit-olie. Voeg tamaties, cannellini-bone en swartbone by, roer om goed te meng. Rol spinasie blare bymekaar en plaas tussen tamatie en bone mengsel. Maak spasies in die pan en breek eiers in die spasies. Plaas deksel op die pan en prut totdat eiers gaar is. Geur met sout en swartpeper, strooi pietersielie bo-oor.