Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Franse tortilla

Met lente wat aangebreek het, kook ons graag saam met Die Nataniël Tafel uit ons tuine. So kook Nataniël van grond-tot-tafel…

  • 30 ml botter
  • 30 ml olyfolie
  • 125 jong tamaties
  • 1 groot pak skyfies
  • 4 eiers
  • 15 ml koljander
  • 1 knoffelhuisie,fyn gekap

Verhit 15 ml botter en 15 ml olie in ’n kastrol. Laat tamaties effens daarin braai totdat velletjies gebreek is. Steek intussen twee gate in pak skyfies met ’n skerp mes en druk skyfies fyn in die pak. Breek eiers in ’n mengbak en klits. Voeg die fyn skyfies, koljander en knoffel by die eiers en meng deeglik. Verhit 15 ml botter en 15 ml olie in ’n pan. Plaas eiermengsel in pan en druk effens plat. Bak vir 3 minute. Draai tortilla om en bak vir nog 1 minuut. Sit tortilla op ’n bord met gebraaide jong tamaties bo-op en sit voor.