Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Gebraaide pynappel met kruie-bolaag

In hierdie week se episode van Die Nataniël Tafel leer ons wanneer om watter kruie in jou kombuis te gebruik.

  • 15 ml botter
  • 15 ml water
  • 15 ml bruinsuiker
  • 2 ryp pynappels, geskil en in skywe gesny
  • 15 ml druiwepitolie
  • 15 ml heuning
  • 125 ml pekanneute, grofgekap
  • 125 ml pistastieneute, grofgekap
  • 15 ml roosmaryn, fyngekap
  • 15 ml salie, fyngekap
  • seesout
  • grofgemaalde swartpeper

Verhit botter, water en bruinsuiker in groot pan. Braai pynappel tot dit net begin karamelliseer en skep op opdienbord.

Verhit olie en heuning in skoon pan. Voeg neute by en roerbraai 1 tot 2 minute. Roer kruie by en verwyder van hitte. Geur baie liggies met sout en peper en skep oor pynappel. Sit voor.