Goudkool
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Goudkool

Met lente wat aangebreek het, kook ons graag saam met Die Nataniël Tafel uit ons tuine. So kook Nataniël van grond-tot-tafel…

 

  • 30 ml druiwepit-olie
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 1 lourierblaar
  • 1 kaneelstokkie
  • 4 naeltjies
  • 15 ml kardemomsaad
  • 15 ml borrie
  • 500 g blomkool
  • 125 ml water

 

Verhit druiwepitolie in ’n pan. Braai knoffel, lourierblaar, kaneel, naeltjies, kardemom en borrie daarin. Voeg blomkool by en roer. Voeg water by en laat blomkool kook tot gaar maar nie pap nie. Verwyder lourierblaar, kaneelstokkie, naeltjies en kardemomsaad. Sit dadelik voor.