picture1_310w
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Hoender met koemkwats

Nataniël vertel die storie agter sy resepte in episode 16 van Die Nataniël Tafel. Hier is sy geure met stories

  • 1 groot hoender, kamer temperatuur
  • 30 ml druiwepit olie
  • seesout
  • 2 lourierblare
  • 3 tot 6 ingelegde koemkwats (nie te sag gekook)
  • 1 ui, in skywe gesny
  • 2.5 ml rissiepoeier
  • 2.5ml teeelpel komynsaadjies
  • 125 ml lemoensap
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 1 lemoen

Verhit oond tot  180˚C. Smeer vel van hoender met 15 ml olie en sprinkel met sout. Maak vel versigtig los en druk lourierblare tussen vel en vleis in. Sny 5 koemwats in skyfies en druk onder die vel in.

Verhit orige olie in pan en sauteé uie, rissie en komyn vir 5 minute. Verwyder uit pan en hou eenkant. Plaas hoender in dieselfde pan en verbruin and alle kante. Plaas hoender oor in oondpan en voeg uiemengsel, lemoensap en orige koemkwats by. Bedek en bak vir 40 minute. Haal deksel af en bak vir ‘n verdere 10 minute. Rangskik lemoen op opdienbak, plaas hoender bo-op en gooi alle sous, uie en koemkwats oor.