Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Lankleef-slaai

Dié week wys Die Nataniël Tafel vir ons hoe om die lekkerste geregte in ‘n gesonder opsie te verander. Hier word ongesond sommer vinnig gesond!

  • 250 ml Inka-rys (quinoa)
  • 250 ml water
  • 250 ml groente-aftreksel
  • 500 ml spinasie, gekap
  • 250 ml keker-ertjies
  • 250 ml baba-tamaties, gehalveer
  • 125 ml rooi-ui, gekap
  • 125 ml Kalamata-olywe, ontpit
  • 15 ml vars basiliekruid, gekap
  • 15 ml vars pietersielie, gekap
  • 15 ml vars origanum
  • 63 ml gemengde geroosterde sade
  • SLAAISOUS
  • 75 ml olyfolie
  • 75 ml rooiwynasyn
  • 15 ml Franse mosterd
  • growwe seesout
  • grofgemaalde swartpeper

Plaas Inka-rys, water en aftreksel in kastrol. Kook oor matige hitte tot al die vloeistof geabsorbeer is. Laat afkoel. SOUS Klits olyfolie, asyn en mosterd saam en geur met sout en peper. Skep quinoa in groot bak en meng met spinasie, keker-ertjies, tamaties, ui, olywe, kruie en sade. Roer slaaisous by.