Die
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Lemoen-met-rooswater

Nataniël vertel die storie agter sy resepte in episode 16 van Die Nataniël Tafel. Wat is die storie agter dié verfrissende resep?

  • 4 groot ryp lemoene
  • 15 ml rooswater
  • 30 ml water
  • 30ml pistasieneute, fyngekapte

Skil lemoene en sny in skywe en rangskik op opdienbord. Meng rooswater met water en enige orige lemoensap. Sprinkel oor lemoen.  Strooi neute oor en bedek met plastiek. Laat staan vir 30 minute voor bediening.