Mini-lensie-burgers met doopsous
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Mini-lensie-burgers met doopsous

Met lente wat aangebreek het, kook ons graag saam met Die Nataniël Tafel uit ons tuine. So kook Nataniël van grond-tot-tafel…

  • 250 ml bruin lensies
  • 1 lourierblaar
  • 1 ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 1 prei, gekap
  • 1 wortel, grofgerasper
  • 250 ml broodkrummels
  • 2 eiers
  • seesout
  • grofgemaalde swartpeper
  • 30 ml druiwepit-olie

Kook lensies met lourierblaar tot gaar. Verwyder blaar. Plaas lensies, ui en knoffel in voedselverwerker en meng tot glad. Voeg prei, wortel, broodkrummels en eiers by, meng en geur liggies met sout en peper. Vorm klein frikkadelle en druk effens plat. Verhit olie in pan en braai patties tot bruin aan albei kante. Sit voor met doopsous of met slaai op vierkantige roosterbrood .