Die Nataniël Tafel
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Mis-my-broer-sop

In die 13de episode van die 2de reeks van Die Nataniël Tafel, maak Nataniël kos vir ‘alleenlopers’…

sop

  •  2 eetlepel groente-olie
  • 3 medium uie, in kwarte gesny
  • 400g gemengde sampoioene, in kwarte gesny
  • 3 koppies groente-aftreksel
  • seesout
  • ¼ teelepel neutmuskaat
  • ½ koppie vars pietersielie, fyngekap

Verhit olie in kastrol. Roerbraai ui vir 2 minute. Voeg sampioene by, roer vir 2 minute. Voeg aartappels by, roerbraai vir 1 minuut. Voeg groente-aftreksel by en verlaag die hitte. Laat prut tot aartappels sag is. Laat effens afkoel en purée dit in die voedselverwerker. Geur liggies met souten peper. Roer neutmuskaat en helfte van pietersielie by. Laat afkoel. Verhit net voor opdiening en garneer met res van pietersielie.

*Sop is nog beter as dit oornag in die yskys gestaan het. Verdun met afgeroomde melk indien verkies