Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Peer-en-gouda-crostini

Hierdie week deel Die Nataniël Tafel met jou die resepte vir die lekkerste peuselhappies vir enige okasie

  • 2 pere
  • 1 ui, gesny
  • 1 eetlepel botter
  • 10 snytjies italiaanse brood
  • 100g spek
  • 60g wit gouda

Karamaliseer uie in botter. Sny spek in blokkies en braai in droeë pan. Sny pere in skyfies asook kaas in dun skyfies. Rangskik pere, kaas, spek en uie op brood. Plaas op oondplaat. Bak in oond teen 180˚C vir 5 minute of tot kaas gesmelt is