Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Pita met krakerige slaai

Baie van ons het as kinders kosblikke vol toebroodjies skool toe geneem. Kompleet vervaardig uit sink, in die geval van die armes onder ons, het ons gewapen met hierdie blikke; wat soms groter as ons boeksak was; by die skool opgedaag om die inhoud daarvan tydens speeltye te verorber. Nataniël wy hierdie program aan innoverende toerusting en die inhoud van kosblikke toe.

Pita met krakerige slaai

6 klein of 4 medium pita broodjies

PitaBestanddele

1 koppie wit kool, fyngekap

2 medium geelwortels, in dun repies gesny

2 eetlepels rosyne

3 eetlepels grondboontjies

2 eetlepels pampoenpitte

2 eetlepels mayonnaise

1 eetlepel olyfolie

sap van ½ suurlemoen

1 eetlepel pietersielie, gekap

seesout

grofgemaalde swartpeper

Metode

1. Berei of verhit pitas volgens aanwysings

2. Laat afkoel in sny in helftes om 12 bakkies te kry

3. Plaas kool, wortels en rosyne in mengbak

4. Rooster grondbone en pampoenpitte liggies in droë pan

5. Voeg by slaai

6. Voeg mayonnaise, olie en pietersielie by

7. Geur liggies met sout en peper

8. Skep in pitas