Die Nataniël Tafel
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Sexy aartappelslaai

In die 12de episode van die 2de reeks van Die Nataniël Tafel, wys Nataniël hoe om in en uit die mode te kook…

Aartappelslaai

  • 1 kg aartappels
  • 2 eetlepel druiwepitolie
  • seesout
  • ½ koppie vars ertjies, geblansjeer
  • ¼ koppie olyfolie
  • 4 eetlepel witwynasyn
  • 1 eetlepel heuning
  • 1 teelepel franse mosterd
  • skil van ½ suurlemoen
  • 2 eetlepel pietersielie, gekap
  • 2 eetlepel grasuie, gekap
  • grofgemaalde swartpeper
  • heel grasuie

Was aartappels, droog en sny in skywe. Plaas op bakplaat, sprinkel met olie en bak in oond teen 180°C tot goudbruin. Geur liggies met sout. Meng res van bestanddele behalwe swartpeper en heel grasuie. Skep aartappels op opdienbord, strooi ertjies oor en skep sous bo-oor. Geur met swartpeper en garneer met grasuie.

 

  • Guest

    Kan ‘n mens die slaai al die vorige dag voorberei?