Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Slaai met pampelmoes

Blitsvinnige resepte van Die Nataniël Tafel, episode 15. Die week se gas, Renée Conradie, maak pampelmoes-slaai

Slaai

  • 200 g klein gaar garnale
  • 2 pampelmoese, geskil en in segmente gesny
  • 3 avokadepere, fyn gedruk
  • 1 rooi ui, gesny
  • 100 g roomkaas
  • swartpeper

Sous

  • 5 ml origanum
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 15 ml mosterd
  • 60 ml rooiwyn-asyn

Rangskik pampelmoes segmente op ‘n bord. Meng avokado en roomkaas in ‘n bakkie en geur met swartpeper. Plaas hopies van avokado-mengsel op die pampelmoes. Strooi rooi ui en garnale bo-oor. Meng al die sousbestanddele saam in ‘n bakkie en meng goed. Gooi sous oor slaai net voor jy dit opdien