Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Tagliatelle met vars kruie

In hierdie week se episode van Die Nataniël Tafel leer ons wanneer om watter kruie in jou kombuis te gebruik.

  • 3 takkies roosmaryn se blaartjies, gekap
  • 45 ml Italiaanse pietersielie, grofgekap
  • 7 vars mentblare
  • 7 vars salieblare
  • 10 vars basiliekruidblare
  • 2 eetlepels druiwepitolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 klein rooi rissie, ontpit en fyngekap
  • 125 ml witwyn
  • 125 ml groenteaftreksel
  • seesout
  • grofgemaalde swartpeper
  • 400 g dun pasta
  • ekstra vars basiliekruid
  • olyfolie

Meng kruie saam en hou eenkant. Verhit olie in pan en roerbraai ui, knoffel en rissie oor matige hitte vir 3 minute. Voeg wyn en groenteaftreksel by en kook oor hoër hitte vir 2 minute. Verwyder van hitte en geur liggies met sout en peper. Roer kruie by.

Kook pasta volgens aanwysings tot al dente. Dreineer en roer by kruiesous, garneer met ekstra basiliekruid. Bedruip liggies met olyfolie en sit voor.