Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Uitjies in rooiwyn

Nataniël kook dié week uit die bottel in die pot! Episode 20 van Die Nataniël Tafel is propvol resepte om met wyn te kook

  • 45 ml botter
  • 500 g kleinerig uie
  • 665 ml koppies goeie rooiwyn
  • 1 koppie groente- of hoenderaftreksel
  • 63 ml balsemasyn
  • 15 ml suiker
  • seesout
  • grofgemaalde swartpeper
  • vars kruie van keuse

Verhit botter in kastrol of diep pan. Voeg uie by en laat prut vir 6 minute. Voeg 500ml wyn, aftreksel, asyn en suiker by en prut vir 10 minute of tot uie gaar is. Voeg orige wyn by en laat prut vir ‘n paar minute, sous moet nie te donker word nie. Geur met sout en peper. Kap kruie en strooi bo-oor, bedien met repies gebraaide biefstuk