Die Nataniël Tafel
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Vieruur flouval stafies

Baie van ons het as kinders kosblikke vol toebroodjies skool toe geneem. Kompleet vervaardig uit sink, in die geval van die armes onder ons, het ons gewapen met hierdie blikke; wat soms groter as ons boeksak was; by die skool opgedaag om die inhoud daarvan tydens speeltye te verorber. Nataniël wy hierdie program aan innoverende toerusting en die inhoud van kosblikke toe.

Vieruur flouval stafies

Vieruur flouval stafiesBestanddele

Kors:

250g “digestive” koekies, gekrummel

100g gesmelte botter

Bo-laag:

30g botter

2 eetlepels grondboontjiebotter

½ koppie heuning

2 koppies graanflokkies

1 koppie hawermout

½ koppie klapper

3 gedroogde vye, gekap

¼ koppie ongesoute grondboontjies, gekap

Metode

1. Meng gekrummelde koekies met gesmelte botter

2. Voer bodem van medium reghoekige pan met waspapier

3. Druk krummels vas op bodem

4. Verhit botter, grondboontjiebotter en heuning in kastrol

5. Roer totdat botter gesmet is

6. Verwyder van hitte en roer res van bestanddele by

7. Skep op bolaag en druk vas

8. Plaas in yskas tot ferm

9. Sny in stafies