Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Vinnige Lemmetjie-kaaskoek

In die 12de episode van die 2de reeks van Die Nataniël Tafel, wys Nataniël hoe om in en uit die mode te kook…

kaaskoek

  • 200g “Digestive” koekies
  • 75g botter
  • 400g lae vet roomkaas
  • skil van 2 lemmetjies, gerasper
  • 35g strooisuiker
  • 150ml vars dik room
  • sap van 1 lemmetjie

Maak koekies fyn en smelt botter, meng. Druk vas op bodem van medium koekpan met los bodem. Plaas in yskas. Meng roomkaas, suiker en skil saam. Meng room by. Roer lemmetjiesap by. Skep op kors en plaas in yskas.