Die Nataniël Tafel-resep: Wat-is-in-die-tuin-tert
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Wat-is-in-die-tuin-tert

Met lente wat aangebreek het, kook ons graag saam met Die Nataniël Tafel uit ons tuine. So kook Nataniël van grond-tot-tafel…

  • 200 g botterskorsie
  • 200 g aartappel
  • 200 g patat
  • 200 g rooi-ui
  • 200 g aspersies
  • 15 ml druiwepit-olie
  • seesout
  • grofgemaalde swartpeper
  • 1 vel skilfer- of broskorsdeeg, ontdooi
  • 30 ml rissiekonfyt
  • 250 ml sterk kaas, gerasper
  • 3 eiers
  • 63 ml vars room
  • 63 ml melk
  • 15 ml gemengde vars kruie, fyngekap

Verhit oond tot 180 ˚C. Sny groente in blokkies, moenie skil indien skil eetbaar is nie. Plaas groente op bakplaat en sprinkel olie oor. Sit in oond en bak vir 40 minute. Haal uit oond en geur liggies met sout en peper.

Voer tertpan met deeg uit, prik bodem en smeer met konfyt. Rangskik groente op deeg en strooi kaas oor. Klits eiers, room en melk saam, geur liggies met sout en roer kruie by. Gooi eier-mengsel oor groente en bak in oond ook teen 18˚C vir 25 minute of tot goudbruin. Sit louwarm of warm voor as voorgereg, of met slaai as hoofgereg.