Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep:Tuisgemaakte napoletana-sous

In dié week se episode van Die Nataniël Tafel leer ons wanneer om watter kruie in jou kombuis te gebruik

Genoeg vir 2 liter

  • 60 g botter
  • 60 ml olyfolie
  • 6 knoffelhuisie, grofgekap
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 4 x 400g-geblikte tamaties
  • 7 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper
  • 20 ml sagte bruinsuiker
  • 400 ml water
  • 100 ml gemengde vars kruie (origanum, pietersielie, basilieblare, tiemie)

Verhit die botter en olyfolie in ‘n kastrol en braai die knoffel en ui vir ‘n paar minute. Voeg die tamaties, sout, peper, suiker en water by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir sowat 2 uur.

Roer die vars kruie by en geur na smaak. Gooi die sous in ‘n voedselverwerker en pols tot fyn, of gebruik ‘n staafmenger.