Die Nataniël Tafel

Gevulde Wildsfilletrol

Genoeg vir 4 tot 6 persone

Verhit oond tot 200C

1,5 kg wildsfillet

sout en growwe pepper na smaak

suurlemoensap

Soet chilli sous

Vlek die wildsfillet oop (soos ‘n oop konfytrol)

Geur met suurlemoensap en genoeg sout en pepper. Smeer lagie soet chilli sous.

Vulsel:

1 rooi ui

250g hoenderlewer

Portugese hoenderspeserye na smaak

olyfolie

2 Fetakaas sirkels

Sny ui en hoenderlewer baie fyn of meng in voedselverwerker. Geur en braai dan in bietjie olie tot amper gaar. Laat afkoel en smeer op oopgevlekte fillet. Krummel nou die fetakaas oor en rol versigtig maar ferm op. Bind met tou vas of gebruik vleispenne. Bak in oond vir ongeveer 45 min.

Wanneer gaar, laat staan vir 10 min, sny in skywe en skep op fyn aartappels gemeng met gebraaide uie en sampioene en mengelslaai van keuse. Dis baie lekker!

Sien ander resepte