Die Nataniël Tafel

Lente in Afrika – Bees filet skywe , gestop met geposjeerde gedroogte vrugte , bedien met ligte kapokaartappels, ʼn brandewyn appel sous , en somer groen slaai.

Lente in Afrika – Bees filet skywe , gestop met geposjeerde gedroogte vrugte , bedien met ligte kapokaartappels, ʼn brandewyn appel sous , en somer groen slaai.

Bestanddele:

Die is my geheime resep wat ʼn tafel wenner is , dit is nie te swaar vir die draai van seisoene nie maar ook nie te lig vir die koel lente aande wat nog voorlê nie.

Bees Filet:

( Vir 4 mense )

300-400g filet

150g Gedroogte vrugte , geposjeer in kaneel en neutmuskaat, en fyn gekap

75ml Botter

25g Gedroogte oreganum

Sout en peper na smaak

75 ml Verdampte Merlot rooi wyn

Metode:

1. Sny die filet in ʼn skoenlapper vorm en vergroot die middel , kap dit dan dun uit met ʼn vleis byl.

2. Smeer dit met helfte van die botter

3. Voeg nou die vrugte by en smeer dit eweredig oor die vleis wat gesmeer is met die botter.

4. Sprinkel nou helfte van die oreganum oor.

5. Rol die filet nou stadig en baie styf op , bind dit met oondbestande tou in (ses) plekke vas sodat dit die vorm kan behou.

6. In ʼn pan smelt die botter en voeg die oreganum by seel nou die filet in die botter mengsel, sout en peper na smaak en verbruin al die kante.

7. Verwyder van die pan en sit die filet op ʼn afkoel rak , smeer die filet nou goed met die verdampte wyn en bak dan verder vir 20 minute teen 180*C.

8. Die filet behoort nou ʼn perfekte medium te wees , sny in u verkose grote skywe op en bedien dit met die bykosse , gooi bietjie van die appel en brandewyn sous op ( of ʼn sous van u keuse rooiwyn basis souse gaan ook baie goed saam ) en bedien die res in ʼn gooi vasie , (moet nooit iemand se eet werk vir hulle doen nie laat hulle eerder hulle eie sous gooi)

9. Geniet die kuier en die geure van die filet laat dit u neus prikkel en u tong laat spring van plesier.

Pieter

Sien ander resepte

  • Adela

    Klink heerlik !!