Die Nataniël Tafel

Onderste bo, agterste voor Quiche

1 Rol blaardeeg

1 Bakkie Ricotta kaas

1 Koppie Cheddar kaas

Piekel uie

(Blansjeer een rooi ui en piekel oornag in franse

slaai sous)

Stadig geroosterde klein tamaties

(Sprinkel tamaties met olyf olie, balsamiese asyn, sout,

swart peper en ‘n eetlepel bruinsuiker en rooster tamaties in die oond op 100grade

vir ongeveer ‘n uur of tot die meeste vloeistof dikker)

Roket blare (of die wat gemeng is meng jong spinasie blare en waterkers)

Meduim tot “rare” geroosterde gesnyde fillet

Gorgonzola kaas gekrummel

1 Teelepel dukka

1 Eier (geklits)

Metode

———–

Rol blaardeeg effens uit en verdeel in ewe groot blokke. Trek met ‘n

mes ‘n raampie 1 cm binne die blok. (moet nie deursny nie). Verf eier

op die buite raampie. Meng ricotta kaas, cheddar en oorblywende eier saam

en skep die mengsel in die middel van die raam. Druk plat en smeer

eweredig. Sit op bakplaat en bak in ‘n matige oond (180 grade) totdat die

deeg begin bruin word en kaas gesmelt is. Laat af koel.

Begin die quiche nou te bou met blare eerste. Geroosterde tamaties, fillet,

piekel uie, goronzola gekrummel en sprinkel dukka. (Soveel soos jy wil).

Skep bietjie van die pan sous van die tamaties oor vir ekstra smaak.

Dit lyk kleurvol en smaak heerlik. Maak porsies kleiner vir voorgereg en

groter vir hoofgereg. Balsamiek reduksie bo-oor indien verkies.

Variasies

(Altyd dieselfde deeg en blaar basis)

1. Gebraaide sampioene, geroosterde neute of denne sade, advokado gesny,

geroosterde tamties, olywe en feta kaas.

2. Gerookte salm, gekrummelde maaskaas, agurkies en ‘n dijon mosterd vinagrette.

(Dil en kaviaar vir garnering indien verkies.

3. Geroosterde streep spek met geroosterde aspersies, ‘n posjeerde eier en hollandaise sous.

Pietersielie vir garnering.

4. Geroosterde groente (bv eiervrug, soetrissie, baba murgpampoen, butternut en pere),

geroosterde tamatie, geroosterde pekanneute en piekel uie vir ‘n vegetariese opsie.

Sien ander resepte

  • Elaine van Tonder

    In my resep Onderstebo Agterste voor Quiche het ek nagelaat om te se dat ‘n gebraaide ui en sout en peper na smaak by die kaas gemeng word vooordat dit gebak word vir die basis