picture4
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Parmesaan-eiers

  • 6 eiers
  • 15ml witasyn
  • 500g jong tamaties
  • 1 ui, grof gekap
  • 15ml druiwepitolie
  • 1 takkie roosmaryn
  • 4ml borrie
  • 4ml gemmer
  • 4ml kaneel
  • 4ml neutmuskaat
  • 4ml varsgemaalde swartpepper
  • 70g parmesan
  • growwe seesout

Vul ‘n kastrol 2/3 met water en voeg asyn by. Bring water tot kookpunt en plaaseiers versigtig in water. Kook eiers vir 6 minute en dreineer.

Plaas tamaties, ui, olyfolie, roosmaryn en speserye in pan of kastrol. Laat prut tot tamatie en ui sag is. Verwyder roosmaryn en skep in vlak oonbak.

Dop eiers af en laat staan in tamatie-mengsel. Bedek die eiers met gerasperde parmesan. Bak in die oond tot kaas begin verbruin (ongeveer 10 minute). Sprinkel liggies met growwe sout en bedien.

KLIK HIER VIR NOG 5 RESEPTE MET EIERS UIT SARIE/SARIE KOS