Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Sitrus-mousse

genoeg vir 4

  • 4 eiergele
  • 1 suurlemoen, sap
  • 1/2 suurlemoen se skil
  • 125ml suiker
  • 5ml vanielje ekstrak
  • 60ml dubbeldik room
  • 5 botterbeskuitjies, gekrummel
  • 10ml botter, gesmelt

Klits eiergele en suiker saam. Voeg suurlemoensap, skil en vanielje by eiergele. Verthit in ‘n pan en roer aanhoudend todat die mengsel begin verdik. Verwyder van stoof en plaas in ‘n mengbak. Laat afkoel en vou room by.

Klits eierwitte tot stywepunte vorm en vou versigtig by eiergeel-mengsel. Skep in 4 glasies en plaas in die yskas vir minstens 2 ure. Meng krummels en botter saam en skep op elke mousse net voor bedienning.

KLIK HIER VIR NOG 5 RESEPTE MET EIERS UIT SARIE/SARIE KOS