Die Nataniël Tafel

Somer Bessie Jellies met ‘n wit sjokolade panna cotta

Bedien 8-10

Dit is sag en delikaat, seisoenaal en visueel lekker om te sien en te eet.

Jellie bestandele:

500ml deursigtige bessie sap soos Liqui fruit druiwe

2 Eetlepels strooi suiker

4 velle gelatine opgelos in koue water vir 5min

150-200g vars gemengde bessies

Metode vir die Jellies:

1. Maak die druiwe sap warm in ‘n klein kastol

2. Wanneer die strooisuiker opgelos is, haal van die hitte af

3. Druk die gelatine velle uit en plaas by die warm druiwe sap

4. Roer tot die gelatine opgelos is.

5. Plaas ‘n opgehoopte teelepel vol gemengde bessies in elke individuele houer

6. Gooi dieselfde hoeveelheid jellie in elke individuele koppie of bakkie

Laat stol in die yskas oornag

Panna Cota bestandele:

500ml room

1 vanilla peul (sade uitgeskep)

80ml strooisuiker

50g wit sjokolade

3 gelatine velle

2 Eetlepels warm water

Metode vir die panna cotta:

1. Versag die gelatine velle in koue water vir 5min

2. Druk die oortollige water saggies uit

3. Sit die gelatine in ‘n aparte bakkie en gooi die warm water oor

4. In ‘n klein kastrol verhit die room, strooisuiker en wit sjokolade en vanilla saadjies

5. Wanneer die sjokolade gesmelt is verwyder van plaat/hitte

6. Laat die mengsel afkoel vir ‘n paar minute voordat mens die gelatine byvoeg

7. Gooi dit saggies oor die gestolde jellies

8. Plaas in die yskas vir 3-4ure of oornag

9. Wanneer mense die jellies uit hulle vorms haal, druk die bodums saggies in ‘n bietjie gekookte water vir ‘n paar sekondes

10. Keer om op ‘n pragtige wit bord en versier met verskillende bessies

Sien ander resepte