Die Nataniël Tafel

Somer Seekos Fees

4 Porsies

Bereidings Tyd: 15 minute

Rooster tyd: 10 minute

Bestandele:

4 salm fillette

8-12 groot garnale koppe en doppe aan

1 bossie jong aspersies gewas

4 ryp tamaties in groterige stukke gesny

2-4 knoffel huisies fyn gemaak

1-2 brand rissies na smaak opgesny

6-8 ansjovis fillette fyn opgesny

sout en pepper

50ml olyf olie

Bedien saam met baba artappels of vars krakerige brood.

Metode:

1. Sit oond op rooster funksie. Kry ‘n groot oond rooster pan. Plaas al die bestandele daanin en meng deur met hande sodat die vis en garnale goed gesmeer is met die olie en ander bestandele.

2. Wikkel die oond pan so dat alles eweredig versprei is en maak seker dat die vis met die vel kant na bo le.

3. Rooster in oond vir 10 minute.

4. Haal uit oond en skep versigtig oor na groot opdien boord. Bedien saam met baba artappels of vars krakerige brood.

Dit is werklik vir my die dis van my somer 2012. Dit is so vinnig om voor te berei maar wanneer jy dit opien dink mense dit kom uit ‘n luukse resturant. Geniet dit.

Sien ander resepte