picture2
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Sjokolade-soufflé

  • 50g botter
  • 20g mielieblom
  • 200ml melk
  • 200g donker sjokolade
  • 80g eiergele
  • 200g eierwit
  • 150g strooisuiker
  • kakao poeier

Plaas melk en mielieblom in ‘n kastrol en klits effens. Plaas kastrol op lae hitte om melk net warm te maak, nie te kook nie. Sodra die melk warm is verwyder kastrol van die plaat af. Voeg sjokolade en eiergele by en meng todat sjokolade gesmelt is. Plaas mengsel in ‘n bak en in die yskas vir 10 minute om af te koel.

Smeer binnekant van klein bakkies met botter van onder na bo teen die kante. Strooi gerasperde sjokolade oral in die bakkies.

Klits die eierwitte tot sagtepunte en voeg suiker geleidelik by en klits tot stywepunte vorm. Sodra die melk-en-sjokolade-mengsel af gekoel is, verwyder in die yskas en vou eierwitte in. Skep mengsel in bakkies tot 2/3 gevul. Plaas bakkies op bakplaat in die oond en bak vir 10 tot 15 minute, tot gaar maar sag binne. Strooi kakao poeier oor en bedien.

KLIK HIER VIR NOG 5 RESEPTE MET EIERS UIT SARIE/SARIE KOS