picture3
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Spek-en-eier-pastei

  • 2 velle skilferkorsdeeg, ontdooi
  • 30ml druiwepitolie
  • 4 repies spek, in blokkies gesny
  • 6 eiers, geklits
  • 30ml vars room
  • 15ml pietersielie, gekap (opsioneel)
  • seesout en swart pepper

Verhit oond tot 180C. Rol velle skilferkorsdeeg dunner uit en voer die bodem en kante van ‘n medium losboompan uit met een vel. Plaas waspapier oor deeg, vul met rys en bak in die oond vir 10 minute. Verwyder rys en papier. Bak vir ‘n verdere 10 minute en laat toe om af te koel.

Rangskik spek oor bodem. Meng room, eiers, pietersielie en geur met sout en pepper. Giet mengsel oor spek. Sny die tweede vel deeg in ‘n sirkel groot genoeg om die pan te bedek en plaas oor vulsel. Druk vas teen die kante. Bak in die oond vir 30 minute of tot ligbruin. Bedien teen kamertempratuur.

KLIK HIER VIR NOG 5 RESEPTE MET EIERS UIT SARIE/SARIE KOS