Picture2
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resepte: Tacos met genade

Eet gesond vir enige kwaal  om lank te leef in hierdie week se episode van Die Nataniël tafel.

Salsa: (maak 1 dag of paar ure vooraf)

  •  500 ml ryp tamaties, gekap
  • 1 ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 15 ml italiaanse pietersielie, gekap
  • 15 ml suurlemoensap
  • 15 ml olyfolie
  • knippie fyn komyn

Meng alle bestandele saam, bedek en hou in yskas tot benodig

 

Tortillas:

  • 15 ml druwepit olie
  • 1 rooi ui, in dun repies gesny
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in skywe gesny
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in skywe gesny
  • 1 ryp avokado, in skyfies gesny
  • 1 bossie vars koriander
  • 12 tortillas

Verhit olie in ‘n pan. Braai ui en soetrissies oor medium hitte tot al dente. Verhit tortillas in die oond. Vul met uie, soetrissies, avokado en salsa. Garneer met vars koriander.