Die Nataniël Tafel

Venesiaanse ‘cocktail’ Tert

Trek daardie outydse terte nader en ontdek die Venesiaanse tert, ook meer bekend as Tiramisu.

Lig, vinnig en met ‘n knertsie brandewyn én/of soetwyn is hiérdie tert een vir die boeke! Daar is eindelose opsies aan hierdie resep. Jy kan bylas en verander na eie smaak!

‘n Mens kan eintlik hierdie tert ‘n Venesiaanse ‘cocktail’ tert noem, want die geure wat in hierdie Tiramisu saamgevoeg is, sal jou verseker opkikker!

Bestandele:

2 Eiers (geskei en sonder ‘n stukke dop)

1/2 Koppie Strooisuiker

3ml Kremetart

250g Roomkaas goed geroerw

2 Eetlepels Soetwyn

2 Eetlepel Brandewyn – die laaste bietjie wat nog nie in die bottel verdamp het nie!

5ml Vanielje

1 Koppie sterk koffie – hoe jy gewoonlik jou koffie drink maal twee!

1 Teelepel suiker

2 Pakkies Vingerbeskuitjies

5ml Kakao

Metode:

1. Skei jou eiers en klits die strooisuiker by eiergeel.

2. Voeg kremetart by eierwit en klits tot lekker styf.

3. Gooi eiergeel- en strooisuikermengsel oor

in ‘n glasbak en sit oor kastrol met warm water.

4. Roer vir ongeveervir so 5 minute terwyl dit oor warm water staan.

5. Roer die roomkaas lekker en deeglik in die mengsel in.

6. Pak solank vingerbeskuitjies in ‘n tertbak uit – of laat iemand dit vir jou doen, sodat jy nie eiergele te lank oor die water hou of jou aandag verloor op kreatiewe prentjies pak met beskuitjies nie.

7. Voeg dan jou goedgeklitste eierwit en kremetart by mengsel. Meng baie deeglik deur. Roer vir ongeveer 5 minute en dan haal jy dit van die stoof af.

8. Meng die koppie sterk koffie, suiker en die ander helfte van die soetwyn en brandewyn apart. Meeste van die kere het mens maar seker net ‘n brandewyntjie in die huis wat êrens agter in ‘n kas staan en verdamp, so hier is jou kans om die brandewyn te gebruik. Doop dan jou vingerbeskuitjies in die koffie-mengsel. Net lank genoeg sodat die vingerbeskuitjies darem nog hanteerbaar is en nie soos pap weetbix lyk nie!

9. Pak een laag geweekte vingerbeskuitjies in tertbak. Gooi een lagie mengsel bo-oor. Herhaal

nog ‘n geweekte vingerbeskuitjie laag.

10. Gooi ‘n laaste lagie roomkaasmengsel oor.

Sif dan ‘n klein bietjie kakao bo-oor tert vir versiering en mooi-lyk! Sit tert in yskas om af

te koel en te set.

*Hierdie tert is redelik tradisioneel soos ek geleer het om hom te maak, maar niks verhoed mens om ‘n Peperment Likeur te gebruik of ‘n romerige Amarula in plaas van brandewyn nie* Wat nog te sê van die verskillende tipes koffies wat mens kan gebruik!

*Betower jou gaste met Tiramisu!

Sien ander resepte

  • Celesté

    Dit klink HEERLIK!!!! defintief een van die volgende resepte waarmee ek gaan rondspeel!!!
    Hestelle jy is sowaar n lieflike dame met tonne talent en het ‘n "flair" vir alles geurig xxx YUM!!!!