Aktrise Sandra Prinsloo gesels oor ‘Koek’: ‘Ons skud die vere ’n bietjie’
Dis moeilik om te bepaal watter van haar legio rolle Sandra Prinsloo se beste tot dusver is. Flieks soos ‘The Gods Must Be Crazy’ en ‘Hans steek die Rubicon oor’ en TV-reekse soos ‘Konings’, ‘Erfsondes’ en die geliefde sepie ‘Egoli: Plek van goud’ het haar loopbaan verewig.