sr0902nicola_14_
Diverse

Supermodel Nicola Breytenbach het ma geword

Nicola en manlief Ben Steiner se babadogter, Evangeline Steiner, is in die Mount Sinai-hospitaal in New York gebore en het 8,5 pond geweeg. Nicola is een van die gewildste SA-modelle oorsee en kuier gereeld saam met mense soos Brad Pitt, Tom Cruise en Giselle Bünchen. Sy is tans te sien in die Revlon High Dimension-advertensieveldtog. Kyk na die foto’s op haar amptelike Facebook-blad.

In die Februarie-uitgawe vanjaar het SARIE eksklusief agter die skerms gekuier tydens die internasionale fotosessie van supermodel Nicola Breytenbach en haar nuwe parfuum.

Lees haar dagboek hier