img_3995
Diverse

Chris Swanepoel blog uit Nieu Seeland

Uiteindelik kry ek weer kans om my pen te lig of hoe noem ons dit deesdae indien jy ‘n rekenaar gebruik , ’n vinger lig”? Ek het die afgelope  byna twee maande in New Zealand spandeer by ‘n indrukwekkende wynlandgoed by name, Peregrine wyne , geleë in die Gibston vallei, Sentrale Otago.

Die naaste dorpie aan my is Arrowtown en die naam weerspieël homself teen die hoe berge waar die bome soos die punte van ‘n pyl aan die hange penorent  staan. Die ongelooflike natuurlike skoonheid is amper onbeskryfbaar…Die berge wat die wynlandgoed omring het bossie -agtige hange en vanaand soos ek hier sit en skryf is die pieke wit bedek met hul sneeukleed. Vir ‘n Suid Afrikaner is hierdie  natuurlik‘n ongelooflike ervaring: sneeuval, al kry ons soms wit pieke in Stellenbosch… Ek het gelukkig my warm pajamas, kamerjas en wol pantoffels aan , lekker knussig om die koue aan te durf. Dit is tans na aan vriespunt buite my klein kothuisie op die plaas.

Met my aanvanklike aankoms op Frankton internasionale lughawe het die ongelooflike berge en landskappe my onmiddellik deur die vliegtuig se kajuit-ruit opgeval. Die bergreeks staan bekend as die “Remarkables” en glo my, dit is merkwaardig! Die pieke lyk soos die growwe ent van ‘n “steakmes” bedek met spierwit sneeu. Dele van die welbekende film reeks, “The Lord of the Rings”, is hier geskiet en net soos in die film dra die omgewing n ongelooflike misterie. Die mis hang laag teen die vertikale hange en eindig statig op die groot meer.

Die lughawe is opmerklik klein. My Amerikaanse huismaat het my  ontvang en ek is spreekwoordelik direk van die lughawe in die kelder van Peregrene gedompel: parstyd!

Die grootste dorp hier naby is Queenstown, ongeveer dertig minute se ry vanaf Peregrine.

Met die aankoms op die plaas het die argitektuur van die gebou my onmiddellik opgeval.‘n Peregrine is ‘n tipe valk en die dak van die kelder weerspieël die vlerk van die voel. Aangesien die kelder redelik nuut is, is dit tegnologies aangedrewe en modern.

In die Gibston vallei en die res van sentrale Otago kraai Pinot Noir koning. Ander wyne sluit Sauvignon Blanc, Chardonnay, Riesling, Gewurztraminer en Pinot Gris in. Daar is wel ander kultivars in die gebied, maar die genoemdes is die mees teenwoordiges.

Die pars op Peregrine is volstoom waarvan ek die eerste 2 weke gemis het as gevolg van later pars in Australië .

Peregrine is ‘n 500ton kelder en ons is n skamele 7 span  in die kelder, ingeslote die 2 wynmakers. Vir ongeveer vier weke het ek vyftien uur per dag in die kelder spandeer vir ses dae per week. Dit is ongelooflik hoeveel jy kan leer en steel met jou oe in so kort tydjie.

Elke sewende dag het ek ‘n rusdag  wat ek bepland aanwend  om Queenstown te besoek. Die dorpie is klein maar vol lewe. Dit kom voor of daar meer buitelanders in Queenstown is as wat daar plaaslike inwoners is. Klein stegies en agter gange is bevolk met kleine klere winkels, koffie winkels, kroeë en natuurlik avontuur winkels. Queenstown is vir baie  die avontuur  (ekstreme) kapitaal van New Zealand. Avontuur sporte soos ski, snowboard, jet bote, bungee en bergfiets  is oral te vinde. Die dorpie is geleë tussen die majestueuse berge op die rant van die Wakatipo meer in die Suid Eiland. Hier besef jy die betekenis van die woord  “ prentjiemooi” en die bestemming is verseker die moeite werd om te besoek indien daar ‘n bietjie los geld is vir ‘n vakansie…En vir diegene wat ‘n verskoning soek om die rugby Wêreldbeker te kom kyk, hier is n geldige verskoning! En gepraat van rugby, ek het darem so ‘n wedstryd of 2 van die  rugbyreeks kon bywoon, natuurlik met my  SA span, die Bulle, se trui aan!

Elke aand tydens pars het ons ‘n ete by die werk gehad. Dit het gepaard gegaan met die proe van ongelooflike wyne van regoor die wêreld. Die wyne is blind geproe en ons het elk ‘n kans gekry om te identifiseer watter kultivar die wyne is, of dit nuwe- of ou wêreld is, die streek asook die oesjaar. Hier het ek duidelik besef hoe maklik jy jouself kan flous in ‘n blinde proe met wyne , verteenwoordigend van oor die wêreld. Dit is ‘n hele ander storie om wyne uit dieselfde area te vergelyk as om  wyne te vergelyk uit verskillende lande of streke.

Onlangs het ons ‘n pars eind-ete aangebied by wynmaker, Nadine Cross aan huis. Haar woning is gelee op die mooiste dam en  word omring deur sneeubedekte berge en die groenste heuwels. Elkeen van ons is genomineer  om ‘n gereg te doen op die aand se spyskaart en net daar het ek besluit hier is my gulde geleentheid vir egte Karoo kos.

Die assistent wynmaker, Duncan Gibson, was my assistent, hierdie keer in die kombuis. Boerewors(wat ek tot my groot verbasing in ‘n slaghuis te Cromwell raak geloop het) op die braai as ‘n voorhappie, en dan die hero van die aand: ‘n heel skaapboud wat ek met trotse Afrikaanse tradisie voorberei en voorgesit  het. Lekker stadig oondgebak met knoffel, uie, Worcestersous, suurlemoen, roosmaryn takkies, sout, peper en aartappels. Hierby het ek my tannie Annetjie Reynolds se pampoenkoekies gemaak(resep uit haar Karoo Wildsvleis-boek : ja ja ek reis met my SA kookboek) asook lekker soetpatats bedek met olyfolie en sout, toegevou in tinfoelie op die kole.

My mede spanmaats se spyskaarte het gebakte Franse brood met vars New Zealandse Salm asook n verskeidenheid van hul beste kase en tuis gemaakte pasta pakkies met oxtail gevul, ingesluit.

As nagereg het my Amerikaanse huismaat en die Australiër gebakte brie kaas met ingelegde appels gebak in ‘n  tertdeeg bedien asook hul eie weergawe van sjokolade mousse.

 ‘n Ware feesmaal wat bedien is met top wyne.  Ek het ‘n verrassing in die mou hiervoor gehad. Dankie Debbie, my wynmaker spanmaat van Simonsig wat my aanvraag wyne vir my aangestuur het!  So het ek hulle kon verras met  
 Simonsig Kaapse Vonkel 2005 as ‘n verwelkoming, en wat ‘n standpunt het ons Cap Classic nie hier gemaak nie! Daarna ‘n Riesling vanuit Suid Australië  met die salm en kaas, twee Burgandy Pinot Noirs en Peregrine Pinot Noir net voor die hoofgereg, Ons eie SA Thelema Cabernet Sauvignon 2007(uitstekend) het my Karoodis se hand gevat as die hero van die aand , gevolg deur ‘n edel laatoes (teen hierdie tyd het ek nie meer name neergeskryf nie) as pas-maat vir  die heerlike nagereg.
Die aand was ‘n groot makietie wat tot die oggendstond geduur het, n goeie blaaskans na die harde pars.

Ek is tans besig om vir my ‘n kort reisplan deur hierdie pragland  te reël. Ek sal ander wynstreke soos Marlborough, Nelson en Hawks Bay besoek , ek is bevoorreg!

My volgende stop is Duitsland. Ek het vandag die wonderlike nuus ontvang dat my visa ten einde laaste toegeken is. Ek vertrek die 1ste Junie na Stuttgart waar ek bemarkings- en  handelservaring  van internasionale wyne  sal opdoen as deel van die bemarkingspan van die alombekende Wynhandelaars maatskappy, Mack & Schuhle. ’n Heel ander aspek van wynmaak, ‘n heel nuwe ervaring.

Ek los nou my uitgeweekte parsklere net hier, nou is dit tyd vir ‘n netjiese hemp, broek en skoene:  ordentlike drag!

Goeie tye!

NS: Vir die wynliefhebbers: Ek het van ons voorloper SA Pinotage wyne hierheen laat stuur, aangesien New Zealand sy eie plantasies van Pinotage in Hawk’s Bay het (Nie iets om oor huis toe te skryf nie!). Wat ‘n interessante proe wat ek aan hulle kon bied! Hulle was werklik aangenaam verras en toon baie belangstelling hierin. Die wyne was ongelooflik en saam met ‘n maaltyd het dit die Pinot Noir oorweldig. Die drie Pinotage wyne wat ons geproe het: Simonsig Redhill Pinotage 2007, Kanonkop Pinotage 2008 en Beyerskloof Pinotage Reserve(onseker wat die oesjaar was…)
Ons kan regtig trots wees op ons eie Suid Afrikaanse kultivar wat sulke mooi wyne produseer!

  • Minke

    Hi Chris,

    Dit lyk en klink fantasties waar jy jou op die oomlik bevind. Geniet elke oomlik. Soos jy sê jy is baie bevooreg!!
    Dit klink of jy op ‘n avontuur is en elke geleendheid volheid aanpak.

    Geniet dit en neem baie fotos!!

  • Suleen

    Hi Chris, dis lekker om jou blog te lees. Dit maak mens lus vir bietjie travel, eet en wyn drink. Dankie dat jy al jou wedervaringe met ons deel. Geniet dit en bring al jou kennis terug SA toe!

  • Janette Wiehahn

    Hi Chris,
    Klink of jy ‘n wonderlike tyd het. Nie alleen kan jy wynmaak en kook nie maar het sekerlik jou ma en pa se skryftalent! Wat ‘n wonderlike ervaring. Geniet elke oomblik.

  • Fritz Joubert

    Chris, ek was in 1994 daar saam met die Bokke (jy onthou seker, as koerantman). Ons het ‘n uiters goor ervaring van Queenstown gehad — ‘n beduiwelde wind soos ‘n swart suidooster het dag en nog gewoed en ‘n mens uit die slaap gehou. Buite kon jy omtrent nie regop loop nie. Die Suideiland het ek maar so-so gevind en die Kiwi’s kon oor niks anders as skape en rugby praat nie. Taupo en Auckland in die Noorde is beter plekke. Mooi vroue was skaars op die Suideiland. Een dag het ek een van die Bokke aan ‘n spanmaat hoor s^e: "In Nieu-Seeland is die meisies so lelik ‘n by sal hulle nie steek nie."
    F J, Paarl

  • Mia

    Lekke neef! Wou op die blog ingaan wat jy op FB gesit het, maar kry dit nie. Enjoy!

  • Somopordeld

    Vrienden , als u gratis downloaden van faylobmennikov , software, games, software , films , behang , photoshop en nog veel Durga , maar hier niet kunt vinden is alles wat u nodig , software, games, software , boeken, tijdschriften , films , ga swing, gratis [url=http://www.alfa-z.info/] yayup [/url]

    Altijd verse Nod 32 toetsen hier [url=http://www.alfa-z.info/26730-klyuchi-dlya-nod32-na-25092011.html] Nod ????? 32 [/url]
    Hier kunt u alle nieuwste films gratis [url=http://www.alfa-z.info/film/] gratis films [/url]

  • Juiguisectume

    ??????? ?????? ?????????? ???? ????, ?? ??? ?? ??????? ????????? ????????? ???????, ???? ?????? ? ??????????? [url=http://qi-qi.ru] ???????? ????? ?????? 2011?
    [/url] . ????????? ??????????, ??????, ??????????????, ????????????? ? ?????????? ?????? ???? ??????. ??? ??? ?????????. ?????? ??????, ?????? ??? ???!!!