berlynse_muur
Diverse

Chris Swanepoel blog: ‘Duitse dorpies en hul kastele’

Ek nooi julle om ‘n blikkie te kry op my Duitse reis en om so effe saam met my rond te rits van dorpies na stad, soos ek hulle besoek het. Kom ons gaan kyk ook na hul ‘juwele op die heuwels”, hul katedrale. 

Ons vat die motor, trein of na verder plekke ‘n vliegtuig.  Alle vervoer hier is gerieflik, goedkoop en gou.

Ek is tans bevoorreg om weekliks te moet (besoekende wynhandel) reis na ‘n ander dorpie en of stad, wat onder andere al Frankfurt, Stuttgart, Berlyn, Cologne en vele ander kleiner dorpies soos Sinzheim, Ulm en Baden Baden in gesluit het. Dit is vir my duidelik dat hierdie stede/ dorpies elk spog met hul eie persoonlikheid en ek sien ou tradisies in elk maar wat daadwerklik verskil van plek tot plek.
 
Grotendeels spog meeste van hierdie stede/ dorpies met hul eie kasteel (Schloss in Duits) of fort op ‘n heuwel iewers. Interessant word daar  verwys na die woord “Schloss’ as ‘n Duitse woord vir ‘n gebou soortgelyk aan ‘n Chateau, paleis of ‘n herehuis, wat in die Britse eilande bekend sal staan as ‘n ‘“staatshuis’.

Interessant ook dat baie van die Duitse Katedrale geïnspireer is deur projekte uit ander lande. Hierdie pragtige ou geboue  is meestal geleë op die hoogste piek van die hoogste heuwel en het ’n breë en prag-uitsig oor die hele nedersetting en die se landskap. Baie van hierdie kastele is meer as 500 jaar oud, selfs ouer!

Elke kasteel of fort word goed onderhou, het ‘n kenmerkende ringmuur rondom (natuurlik om in die ouer dae die vyand uit te hou) en gewoonlik is daar ‘n kleine eetplekkie of selfs blyplek vir ‘n aand indien jy die heuwels wil stap of ry met jou fiets of bloot net meer tyd hier wil verwyl.

“The hills are alive” sou Julie Andrews beslis ook hier kon sing!

Selfs die klein dorpie Weilheim, in die distrik van Esslingen in Baden-Wurtemberg in die suide van Duitsland en waar ek bly, spog met sy eie kasteel wat bekend staan as: Die Tech. Hierheen is ‘n algemene fiets en staproete vir menige inwoners en besoekers. En alhoewel die eerste deel van die tog redelik maklik is, moet jy jou stap of trap ken die laaste steilte op.

Ek kan Die Tech vanuit my kantoorvenster sien waar hy prominent en statig die heuwelpiek versier. Elke keer as ek Die Tech aankyk, kry ek die gevoel dat daar steeds lewe moet wees en  betrap ek myself waar my gedagtes wonder hoe dit wel daardie jare was om daar te bly?

Binne die kasteelmure is dit natuurlik ‘n hele ander storie. Die groot strukture is hier en daar gebreek en die tuine lyk verwaarloos. Die restaurant is besig, maar die kasteel is n dooie monument van tye baie lank gelede. So asof daar ‘n moderne sprokie probeer voet inslaan in ‘n baie ou verhaal!

Duitsland is ‘n land met ryke geskiedenis en ‘n besoek aan ‘n nuwe stad of dorpie is elk soos ‘n nuwe ontdekkingstog. In Ulm, naby Stuttgart, het ek besoek gaan aflê aan die hoogste kerk in Europa, die Ulm Munster wie se toring ‘n volle 161 meter in die lugruim in toring. Ulm is natuurlik bekend aan die wat hul geskiedenis ken, vir die ‘Stryd van Ulm” waar daar aan die einde van  Napoleon Boneparte se Ulm projek in 1805, ‘n totale Oostenrykse weermag verslaan is.

In Marburg ook bekend as die universiteits-stad en geleë naby Frankfurt, ontdek ek die pragtige, statige en forse kasteel, die Marburger Schloss waar studente vandag bevoorreg is om in tuis te gaan. Geen wonder dat byna 12% van studente hier van die buiteland is nie, dit is ‘n totale publieke universiteit waar studente van regoor die wêreld welkom is. Die universiteit is maar so onlangs as 1967 gestig en fokus duidelik op studies in ingenieurswese, wetenskappe en medisyne! Hierdie pragtige dorpie  met sy prentjiemooi uitsigte word versier met oue argitektuur in sy wonings en kerke.
 
Bad Homberg, ook naby Frankfurt, is spreekwoordelik die “kleine mens met die grootste bek”. Verpak binne hierdie baie klein dorpie is tonne lewe. In een lang straatjie is hotelletjies, winkeltjies, kroeë waarvan die polsslag kloppend is. Ek het hier beland met my kollega, ’n Amerikaner, Lance, na ‘n dagbesoek aan die wynhandel in die omgewing. Lance het ‘n Italiaans/Duitse vriend wat daar woon in ‘n klein regop huisie in die middel van die dorpie langs ’n pragtige klipstraatjie.

Gino ons hartlike gasheer, net so lank as wat hy wyd is. Hy het vir ons n tafeltjie gedek in die klippaadjie op die straat. Probeer julle voorstel hoe spesiaal hierdie geleentheid was! Ons is  bedien met lekkerste brode, verskillende Duitse worse, Fleischkäse (ook bekend as Leberkase , ‘n tipiese kos van Suid-Duitsland wat bestaan uit beesvleis, varkvleis, spek en uie wat fyn saam gemaal word en as ‘n brood gebak word ), handkäse (tradisionele geel kaas van Suid-Hessen wat ‘n klein,  ronde vorm het, met n baie sterk aroma). Die naam is vanselfsprekend aangesien die kaas met die hand gevorm word. Gewoonlik met uie bedien asook ‘n bietjie wit asyn.

Op ons bord was ook ander interessantste koue vleise en nog kase. Natuurlik geniet ons hierdie spyse met Weissbier. Ons is vermaak met die ‘feesarea’ se Bavariaanse musiek waar die musikante geklee is in hul tradisionele drag. Dit is ‘n partytjie-dorpie hierdie waar die besoekers hartlik saamsing en dans en behoorlik feesvier. Na ons ete het Gino ons bederf met sy “Apfelwien” wat die Duitsers met sodawater meng. Dit is ‘n baie gewilde drankie in daardie deel van Duitsland. Die eerste mengsel wat ek geproe het, het vir my effens na petrol geruik, maar na al die swaar bier was dit ‘n ligte drankie wat goed afgegaan het.

Soos die aand verloop het, het daar nuwe “straatgaste” by ons tafel kom sit kry en het my Duits meer Duits geraak!

Berlyn, in Duits Berlin, is die hoofstad en ook die grootste stad in Duitsland met ongeveer 3 451 000 inwoners en veel meer in die metropolitaanse gebied.  Verseker een van my gunsteling-besoeke. Daar is ‘n mengsel van kulture (480 413 buitelanders is woonagtig in Berlyn) en ‘n diverse groep mense. Turke, Russe, Viëtnamese, Polanders en natuurlik Duitsers .

Dog hier vloei heelwat Turks en Russies op straat. Heerlike kuierplekke is volop en die gasvrye stad het beslis baie te doen,  te sien en te besoek.

Berlyn word aangedui op die kaart in die noordooste van die huidige Duitsland en was al weens sy geskiedenis hoofstad van vele Duitse state soos: Duitse Keiserryk, Republiek van Wiemar, Nazi Duitsland en die Duitse Demokratiese land, om n paar te noem.

Die geskiedenis is hier ryk en opmerklik is die oorlogskade wat duidelik sigbaar is in van die geboue en die Berlynse muur wat nog op sommige plekke staande gebly het. Kenmerkend is ook die vele monumente opgerig vir die wat in die oorlog gesterf het. My gunsteling ook in die stad, sy beeldskone meisies wat beslis net na jou kyk as jy die regte kar bestuur!

Ek het ook ‘n blits besoek aan Cologne (in Duits Koln) gemaak. Geleë langs die Rhyn rivier en  na -aan die Hollandse grens, met baie moderne argitektuur ingemeng in ouer dele is dit ook merkwaardig dat hier konstante herstelwerk gedoen word aan die ouer geboue,. Soos byvoorbeeld die  katedraal hier, bekend as die Katedraal van St Peter en Maria wat natuurlik ‘n Rooms Katolieke kerk is dog bekend as ‘n monument van Christenskap of Duitse Katolieke met ‘n Gotiese argitektuur en Cologne se mees bekendste landmerk. Hierdie gebou het, met onderbrekings, vanaf 1248 tot 1880 geneem om voltooi te word en is ongeveer 158m hoog. Langs so n majestueuse gebou met sy ongelooflike geskiedenis en voorkoms voel ek soos ‘n spikkel in die lugruim… baie baie klein.

 Dit was alombekend dat dit eens die hoogste struktuur ter wêreld was. Tot natuurlik die voltooiing van volgende hoer geboue in ander wêreldgebiede, sy rangplek ingeneem het.

Cologne herinner my aan Parys, en kom dus vir my voor as die “Parys van Duitsland.” Die stad van liefde en lewe.
 
Ek het heerlik gekuier hier in ‘n kroeg geleë in ‘n ou gebou in die middel van die stad,  dit is ook n bierbrouery. Hier kry jy jou bier in 200ml glase en jy word bedien tot jy jou glas fisies omdraai! Die eisbein met sy Duitse pasmaats, sauerkrout en “kartoffelbrei”  (mash) was my redding in meer as een opsig.

Vir my is daar is geen twyfel dat daar baie waarde is aan die besoek van ander lande en kulture nie. Ek voel soveel ryker in kennis en in kulturele ondervindinge. Om die werklike polsslag van ‘n land en sy mense te leer ken moet jy tyd met die “locals” spandeer. Dit is van onskatbare waarde en glo my, n taal, weerhou jou geensins van lekker saam kuier en goeie vriende maak nie!

Ja Wohl!

Tog mis ek my eie plek, my eie mense,  die taal, Afrikaanse tradisies en huiskos. Jy kan ook net soveel bleddie wors en brode eet en Duits praat ….

Groetnis

Chris Swanepoel
Duitsland

  • Marietjie

    Heerlike, interessante leesstof wat so lekker en gemaklik
    lees! Chris jou skryfstyl en opsommings van jou ervaringe is werklik n verkwikking vir die siel! Dankie vir jou deling hiervan… ons is bevoorreg om saam met jou te kan reis! Pragtige fotos ook… Ons ervaar jou voetspore deur ‘n heel ander oog as die van die normale toeris besoeker aan n land!
    Groete vanuit n lekker sonninge Suid Afrika, en dit in die winter!
    Marietjie

  • Mark

    Daardie ringmure om die "Schlosse" sou in elk geval gebou gewees vir die dag dat jy eendag kom kuier ou broer! Opnou! Great stories, die ervaring klink ongelooflik.

  • Angela

    Fascinating reading …. love receiving your blogs. Angela

  • Angela

    Fascinating reading …. love receiving your blogs. Angela

  • Angela

    Fascinating reading …. love receiving your blogs. Angela

  • Grete Becker

    Hi Chris, Genugtig : jy kan nie net wyn maak nie……..jy kan SKRYF ook. Ek lees tog te lekker aan jou stories. Bly jy kry tyd om jou ervarings met ons te deel. Dis veral die laaste paragrafie wat my lekker laat glimlag het. Boerkind bly maar boerkind !
    Mooi loop.
    Grete Becker

  • Cecile

    Geniet en leer, jy sal nooit hierdie kan vervang.Jou lekker humor omring my soos die mure.

  • Janette Wiehahn

    Ja Wohl Chris, die Europese kos, kuns en kultuur bly maar die beste. Jy sal moet leer Eisbein maak en met jou terugkeer vir ons dit maak. Het my beste Eisbein in Frankfurt geeet! My ou stamvaders kom mos van Wurtenburg. Lekker reis, leer. Geniet jou stories baie. Groete vanuit Paarl waar die Interskole gees weer sterk is. Sal vir Boys High cheer!! Janette

  • Martin Jones

    Lekker Neef!! Lekker om hierdie toer saam met jou te kan experience! Jou blog maak my sommer nou weer lus vir reis en nuwe ondervindinge! Ons klink ‘n glasie op jou hier in SA! Prost!!

  • annatjie

    ek sidder en giggel as ek dink aan die duits wat jy en oupa At sou praat………….