nmpepler06
Diverse

Dave Pepler blog: Die geur van groen

As ‘n wind kan bitter wees, en ‘n uur blou, is daar is geen rede waarom groen nie ‘n geur kan hê nie. Maar net hier kom die dilemma van geurbeskrywing na vore, want dis nie beperk tot die woordeskat van die beskrywer nie maar tot jou neus, en veral, jou verstand. Ruik mens aan varsgebakte brood of aan ‘n appel, stem meeste van ons saam oor die beskrywing daarvan, maar, soos Luca Turin tereg uitwys, raak dinge duister met komplekse aromas. Hier speel voorkeure en geheue ‘n groot rol, en, daarby, maak ons eiesoortige samestellings van laasgenoemde en kom so by persoonlike en unieke woord-komplekse uit.

Ek onthou alte goed die eerste keer toe ek Fat Electrician van Etat libre d’Orange(beskikbaar by metropolitaincosmetics.com) geruik het. Op ‘n haar na Jan “Boland” Coetzee se pesoonlike wynkelder – koel en muf en “rooiwyn-propperig” – tot ek later uitgevind het dat die hart van die parfuum uit kuskusgras bestaan. Ek was verstom oor die skakels en spronge in my kop want eers by nadenke het ek besef dat die grondkarakter van kuskusgras dié van Pinot Noir is. Vandag nog, as ek Fat Electrician ruik, bly ek verskeur tussen kennis en verstand.

Tot onlangs was dit moeilik vir die amateur parfumista om toegang te hê tot die boustene van parfuum, die beroemde note* en akkoorde**, maar toe kom Osmoz verlede jaar met hul verbluffende versamelings “Collection Les coulisses du parfum“. Hemels verpak, kom elke versameling met twaalf bottletjies geure, toets-stroke en ‘n bondige handleiding. Waar op aarde kan jy suiwer “Lily of the Valley” of oliban onder die neus kry? Of, nog beter, as jy lees in Hooglied van “Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na die mirreberg en na die wierookheuwel” kan jy nou nardus en saffraan en kalmoes laat realiseer, reg onder jou neus.

Om beter te kan verstaan hoekom ‘n geur dalk kleur of kleure kan suggereer, moet mens eers gaan kyk na ‘n besondere neurologiese verskynsel genaamd sinestesia (Eng. synesthesia).  Sinestesia is ‘n neurologiese kondisie waar die stimulering van een sensoriese of bewussynsbaan lei tot ‘n automatiese en onwillekeurige ondervinding in ‘n tweede sensoriese of bewussynsbaan. Alhoewel kruis-sensoriese metafore soos knalrooi en bitter mooi algemeen bekend is, is ware sinestesia natuurlik onwillekeurig. Lyers, of dalk die geseëndes wat aan hierdie kondisie ly, proe en sien kleur en ruik klanke, iets waarmee die hippies van die 1960’s alombekend was, aangehelp deur duister middels. The Beatles het mos in 1967 gesing van:

Picture yourself in a boat on a river

With tangerine trees and marmalade skies

Somebody calls you, you answer quite slowly

A girl with kaleidoscope eyes

Lucy in the sky with diamonds“.

Opperman se Sproeireën is ‘n voorbeeld in Afrikaanse, of soos Alexandra Oliver skryf ná die aanval op New York in 2001, uit The smell of trouble:

This is how a normal person feels

Tilts their nose to scents of eastern trouble.

Maar hoe ruik groen, oftewel, waarna ruik groen? Na peper en vye natuurlik, vir dié wat alchemisties in die kombuis omgaan (aficionados van kitskos sal geen idee hê nie), of tuiniers sal dit ook ken want om plante te stimuleer tot uitbundigheid moet jy hul somtyds snoei, sny en kneus. Groen ruik dus plantaardig. Meeste parfuums ruik egter na blomme, hars en vreemde afskeidings van diere, of kombinasies hiervan, maar suiwer “groen” parfuums is by verre in die minderheid. Hoekom? Want groen geure is die eksentrieke aristokrate van die parfuum-ryk.

As jy ‘n groen parfuum wil dra, moet jy iets van parfuum weet, of iets van jouself. Soos met leer-basis parfuums, (Bandit van Robert Piguet (http://www.robertpiguetparfums.com en Rien van Etat Libre d’Orange) is die groenes meëdoonloos en skel, maar hul skoonheid lê in die suiwerheid van die komponente. ‘n Goeie groen parfuum is soos handskoene van Napa of ‘n skoen uit Firenze – styl op sy suiwerste.

En waar sal jy begin verken aan hierdie moeilike komposisies? Begin by die mees elegante groene, Chanel se hemelse No 19.  Galbanum, daardie oer-bitter kruid tref jou eerste, gevolg deur bergamot, en later jasmyn, sandelhout en kuskusgras. Alle groen parfuums moet gemeet word aan No 19, want dis perfek gebalanseer tussen brutaliteit en verlyding.

Bly sommer by Chanel en probeer ook Bel Respiro volgende. Nie naastenby so helder soos No 19 nie, maar eerder ‘n sagte akkoord, ‘n parfuum vir die skemer. Die laaste Chanel is Cristalle au Verte, ‘n randfiguur, want hier kom klassieke geure by, sitrus eerste, en dan die soet-suur van magnolia.

‘n Onlangse herskepping, Futur van Robert Piguet, is nog ‘n klassieke “groen” parfuum. Piguet was bekend vir sy brilante en dapper skeppings soos Fracas, Bandit en Visa. Futur begin met bo-note van neroli en skerp bergamot, met middelnote van jasmyn en ylang-ylang wat rus op kuskusgras en seder. Naas No19 is dit my tweede keuse.

Ander interessante groen parfuums is Balmain se Vent Vert (absoluut windvas, selfs teen ‘n Kaapse suidooste wind en miskien ‘n bietjie te suur na my smaak; ek verstaan dat die oorspronklike uit 1947 briljant was), Bulgari se Cologne Au Thé Vert (so sag dat ‘n jongmens dit kan probeer) en laastens, La Prairie se soliede Life Threads Emerald, wat later vanjaar vrygestel gaan word.

Groen geure is moeilike geure want, soos met styl, vra dit om dissipline by die draer. ‘n Lang vrou, met Virginia Woolf se lyf, kort silwer hare styf na agter gebind, bleek grimering, ‘n swart langromp-uitrusting en plat skoene, dra groen parfuum.

* noot – ‘n geïsoleerde reuk in ‘n parfuum, byvoorbeeld ‘n roos-noot

** akkoord – ‘n kombinasie van note om ‘n effek te vorm, byna soos by musikale note

Besoek ook : davepepler.co.za

  • http://ndtxlsvmdzpn.com/ stotfklexst

    ukQ439 ykxrplvwjggx, [url=http://ynijimlgxaog.com/]ynijimlgxaog[/url], [link=http://gwcuabpqggwe.com/]gwcuabpqggwe[/link], http://ijyjwfuhnnto.com/

  • http://www.casinogameluck.com Triagmawiff

    probe closed c pass apparent the extra at the all odd bodog casino , with incomparable casino games and liberated casino bonus. you can also link poker rooms at bodog poker
    Casino Spielen and Online Casino Spiele at the notable German casinos an association to DE players.

  • twittyamife

    [url=http://www.001casino.com]online pokies[/url]
    let go casino perquisite [url=http://www.realcazinoz.com]casino online[/url] games [url=http://cd-online-casino.co.uk]casino[/url] [url=http://www.the-gambling-city.net]casino[/url]

  • Pedro

    Guten Tag!Derzeit sinkt der Anschaffungswiderstand von eBook-Readern auf ca. 130 Euro (mit e-Ink). Er wird sp testens 2011 auf unter 100 faelln.Es ist angesichts dessen, aber auch angesichts der rasanten Verbreitung von iPads und anderen Tabletts, der Ubiquit t von Handys, Smartphones und PDAs kaum zu erwarten, dass der Weg, Texte und Zeichen mittels B umen zu verbreiten, noch sehr lange Zeit der dominierende Weg zu diesem Ziel sein wird.Vermutlich wird irgendwann jemand darauf kommen, dass z. B. Schulb cher in hohem Ma e substituierbar sind, und zwar bei realistischer Preisgestaltung der Verlage, die die weit geringeren Handlingskosten von eText ja auch mal an die Leser weitergeben d rften zu gesellschaftlich w nschenswerten geringeren Kosten als bisher. hnlich verh lt es sich mit Katalogen, Fahrpl nen, Abfallkalendern, Nachrichten etc. mit dem gesamten Bereich relativ schnell wechselnder Informationen, die in gar nicht so hohem Ma e von Verlagen bereitgestellt werden.Sobald da ein Weg gefunden wird, Texte und Zeichen mittels Leseger ten zu verbreiten, die hnlich g nstig zu haben sind wie Handys und hnliche gesellschaftliche Sogwirkung entfalten k nnen und wenigstens einen Teil der technisch denkbaren Zusatznutzen realisiert, werden eReader bald hnlich verbreitet sein wie heutzutage Handys. Oder sie werden eben Handys sein.Es ist ein alter Fehler der Diskusion um eBooks, immer eine Seite des Vorgangs zu bersch tzen entweder die Menge und G te der angebotenen Texte, die technische Qualit t der Leseger te, der Preis der Reader oder die Vertriebsmodelle, also die Anbindung der Ger te an Anbieter. Oder gar was langsam etwas nachl sst das romantische Sinnieren ber haptische Qualit ten von Papier, dessen Geruch etc. Wer das anbringt, um das Buch gegen das eBook zu verteidigen, muss sich dann allerdings auch mit Regalbaukunst, Staubwischen und Platzbedarf befassen.Tats chlich m ssen eBooks sich auf allen Ger ten also Computern, Handys, Smartphones, PDAs, Tabletts oder was auch immer zum Lesen geeignet ist lesen lassen. Wenn ich eine MP3-Datei h ren will, muss das auch am PC, ber die Stereo-Anlage, auf dem Player oder sonstwo funktionieren. W re es anders, h tte sich mp3 nicht als so universell erwiesen, wie es das getan hat.Es muss also eine Gesamt-Situation stimmen, damit eBooks hnliche Verbreitung finden k nnen wie DVD-Player, MP3-Player, NetBooks oder Handys.Dass auf die Dauer also sagen wir im Verlauf der n chsten ca. 100 Jahre die B ume anderen Zwecken zugef hrt werden, scheint mir absehbar.Nat rlich werden B cher dabei nicht aussterben Schallplatten sind ja auch nicht ausgestorben Vielen Dank f r die AufmerksamkeitHarald Leinweber