nmpepler06
Diverse

Dave Pepler blog: Hermès – draagbare Franse kultuur

Dis net ek op straat op pad na die katedraal “La Giralda” waar klein rooivalkies al swewend roep en hul kuikens voer.Na vele besoeke ken ek Santa Cruz soos my hand; ek loop in ‘n beswyming, al in die skaduwees en draai af in Matteo Gago, die pylvak na die ou kerk.Oorkant die straat, aan die sonkant staan ‘n ry lemoenbome, en in hiérdie son en hiérdie lig brand die vrugte soos lampe.  Hul skitter oranje, die hemelse oranje van Hermès.

Eintlik is dit die kleur van leer, die sagste op aarde, deur Hermès omskep na kunswerke. Kyk gerus na hul samerwerking met Leica toe hulle een van fotografie se ikone, die M7, verewig het in ‘n kosbare versamelstuk. Alles wat hierdie ou gevestigde maatskappy aan raak word só omskep in ‘n kunswerk.  Sedert die 1930’s (Hermès bestaan al sedert die 1830’s) is hul natuurlik beroemd vir syserpe sonder weerga.  Van slegs die allerbeste sy op aarde, handgedruk en omgekap, is hierdie eintlik klein kunswerke, byna te mooi om te dra.

Byna te mooi om te gebruik, kan mens ook sê van die saals, horlosies, skoene handsakke en ander luukses.  Maar, redelik onlangs eers, sedert 1951, maak Hermès ook parfuum.Hier is geen verskoning om dit op te gaar nie, want hul parfuum is uiteraard gemaak om gedra te word.

As jongman in die vroeë 1970’s was ek op soek na parfuum vir ‘n vriendin.In daardie dae was Kaapstad beperk tot ‘n klein middestad, en sover ek kan onthou het slegs Stuttafords parfuum verkoop.  Asbleek dames met granaatrooi lippe, bevrore hare en te veel goud het die parfuum-toonbanke beman.  Toe ek daar instap met my bosbouers-uitrusting het ek gevoel na ‘n pariah, opsigtelik buite my boomwêreld.  Sonder om te vra het een van die spookvroue my van ‘n afstand bespuit, miskien om my te verwilder.  Maar, sy het my bespuit met iets uit die paradys – dit was Hermès se Equipage.

 

Sonder om te vra het een van die spookvroue my van ‘n afstand bespuit, miskien om my te verwilder,” sê Dave.

 

Equipage is oer-Frans, ingetoeë en nugter terwyl dit straal van kwaliteit.  Dit ruik na ‘n ou leerstoel naby ‘n oop hert en, met ‘n bos lelies op die vensterbank – rokerig en houterig en skoon.

As dit by die dames kom, is die versameling klein maar sterk; daar is 24 Faubourg, Terre D’Hermes, Calèche, Eau des Mervelles, Kelly Calèche, hul kraaknuwe Voyage d”Hermès en ‘n paar ander.

My gunstelinge van Hermès:

24 Faubourg: Alhoewel ‘n relatuwe nuweling tot die Hermès-stal (1995), is hierdie parfuum reeds ‘n klassiek.  Suur en soet, blomme en heuning – hierdie parfuum is uiters kompleks en mens vind dit moeilik om ‘n enkele element uit te lig.  Een ding bly staan, dis ‘n klassiek, in dieselfde kraal as Guerlain se hemelse Mitsouko.

Voyage d’Hermès: Pas vrygestel (2010) het ek die nuweling onlangs in London ontdek.  Suurlemoen en sagte hout domineer, met groen en tee-note diep versteek.  Hierdie is ‘n parfuum vir die somer en dit sal ewe goed by ‘n man pas.  Aloewel dit die jongste Hermès op die rak is, het dit al die kenmerke van die kwaliteit wat mens van hierdie firma verwag.

Terre d’Hermès: Ook ‘n relatiewe nuweling (2006) is hierdie ook ‘n somerparfuum.  Ek hou veral van die pomelo/malva/lemoen bo-note wat later verdroog en versag na gras en gom.  Ongelukkig kan ek nie die “terre” hier vind nie.

Caleche 1961:  Hoe kan jy aan Hermès dink sonder om Caleche te noem?  Op die mark sedert 1961, is hierdie een van die parfuum-wêreld se oorlewers.  Gemeet aan die smaak van vandag is Caleche dalk ‘n bietjie outyds met die aldeïde en sitrus met eerste opslag, maar dit kom tot ruste met groot styl.  Ek kan nie die oorspronklike geure onthou nie, maar ek vermoed dat Caleche oor die jare herformuleer is.  Nieteenstaande bly dit een van die groot oud-wêreldse reuke.

Die lekkerte van Hermès is dat mens dit byna tematies kan beleef.  Al hul parfuums het ‘n watermark van kwaliteit, gebou op bekende note van hout, sitrus en ligte basisse.  Hermès is véél meer as net parfuum, dis draagbare Franse kultuur.

Dave Pepler

  • http://www.registrycleaner.at/ best registry cleaner

    great experience, dude! thanks for this great post wow… it’s very wonderful report.

  • http://aglshhwvbxax.com/ tlztgvc

    DrBguX sfzsggqaovzy, [url=http://hxjyfoxhqmnu.com/]hxjyfoxhqmnu[/url], [link=http://qulgwkiqxnvh.com/]qulgwkiqxnvh[/link], http://tfrzlltjiuqp.com/

  • Darina

    Hey, danke f r die Blumen – sehr giftig ? Du keirgst hier einfach nicht so viele Daten wie in UK oder USA. Die Barrieren sind einfach h her und das ist der Grund, warum Open Data hier nicht richtig losgeht. Das ist eine IST-Beschreibung. Siehst du das anders?- Haltung keine Ahnung, welche Probleme meinst du?- Ich schreibe nicht, dass du mit Autorenblogs was direkt verdienen kannst, aber du kannst definitiv ein paar Spielbeine hinzugewinnen. Es gibt etliche KollegInnen, die das getan haben. Auch bei CARTA schreiben die Autoren ja nicht aus reinster N chstenliebe, sondern um sich und ihre Themen zu pr sentieren oder neue Themen auszuprobieren.- Die Hartn ckigkeit als Kompetenz ist das nicht eine Haltung?- P.S. Detlef was w rdest du denn zu einem vorgegebenen Thema Wie wir uns im Wandel immer neu erfinden schreiben?