Diverse

Dave Pepler blog: Jasmyn – geur van die nag

Ek was doodmoeg ná die lang busrit uit Santiago en het vroeg ingekruip – selfs die latino-naggeluide van luidrugtige voetgangers en gillende kinders kon my nie wakker hou nie. Iewers ná twee het ek bewus geraak van ‘n beweging teen die venster. Die nagwinde het begin waai van die Andes-voetheuwels en, mét dit, ‘n sliert koppige en soet geur. Dagbreek het verklaring gebring: Die donker muur voor my kamer was latwerk, latwerk deurtrek met jasmyn in volle blom. Vir my is jasmyn die geur van die nag.

Daardie briljante maar ook diep versteurde gees, Romaine Brooks, se skilderpalet is ‘n leeftyd lank deur grys gedomineer. Maar dit was altyd grys met ‘n verrassing. Haar sublieme skildery La France Croisée doen twee dinge tegelyk: Dit distilleer die afskuwelike aan oorlog sonder om grafies daaroor te wees, en, tweedens, word dit ‘n klassieke les in komposisie. Daardie rooi lapkruis teen die inkswart tjalie word onuitwisbaar in jou geheue vasgelê.

Net nou en dan laat sy ‘n skag lig toe om haar somber doeke binne te dring. Ek kan my verstaar aan La Baronne Emile D’Erlanger geskilder in 1924. Die barones is ‘n groot vrou en sy staar jou direk aan met ‘n absoluut vreeslose blik. Haar roesrooi hare en knalrooi mond is die enigste kleur in die ligskag. Dra sy ‘n swart pels om haar skouers, of is dit van sy?

Sy is middeljarig, want haar nek begin dit verklap – dis miskien ook hoekom die hand in die skadu is. ‘n Lewe van luukse het ook die liggaam vol gemaak. Is dit skete aan ‘n eens beeldskone vrou? Nee, allermins. Hierdie is die portret van ‘n formidabele vrou, en dis die eerlikheid van beide die sitter en die kunstenaar wat dit een van die groot studies van die twintigste eeu maak. Die barones sou Bulgari se Jasmin Noir gedra het.

Bulgari Jasmin Noir

Jasmin Noir is nie net luuks nie, dis opulent. Op die oomblik van aanspuit, is dit, net vir ‘n oomblik, “groen”, met drakekruid en die skerp lemoenskil van bergamot. Die donker hart is van jasmyn en ylang-ylang, op ‘n basis van sandelhout, vanielje en tonka. Van al Bulgari se parfuums bly dit my gunsteling (tot onlangs was dit Black, maar, om absoluut onverstaanbare redes word dit nie meer gemaak nie). Daar is niks speels aan Jasmin Noir nie – hierdie geur se seine is luukse, sofistikering en, bowenal, styl.

Die Franse fotograaf Brassaï het ook in die nag gewerk, en ook net in swart-en-wit.  Skelm-skelm het hy sy onderwerpe bekruip; geliefdes in rokerige kroeë, dansers, verlore in liefde, uitputting en drank, en sopnat laatnagstrate met ‘n figuur onder ‘n swart sambreel. En dan, natuurlik, was daar die hoere. Korreksie, want hoere is ‘n te sterk woord vir die vroue van Brassaï, liewers “madams” dan. Sy studie van La Môme Bijou is my gunsteling – die oorvol figuur, die ogies wat alles gesien het – wysheid en bitterheid in gelyke maat.

Brassaï se teerste werk is dié van paartjies in die bistro’s van Parys, onverwags betrap in oomblikke van oorgawe, wellus, genot en eensaamheid, daardie verskriklikste emosie van almal, die eensaamheid binne die saamwees. Daar is ‘n studie van ‘n vrou in ‘n hoek tussen spieëls, haar mond effe oop in die aanloop na ‘n soen. Is hierdie ‘n verhouding in wording, of is dit net ‘n prelude tot die nag? As ek haar moes klee in ‘n parfuum, sou dit L’Artisan Parfumeur se Thé Pour un Été wees. Van al die jasmyn-geure wat ek ken, is hierdie die mees speelse. ‘n Kurkdroë groen tee en suurlemoen word gevolg deur ‘n stadig-ontwikkelende jasmyn met hout en sagte muskus wat die langste talm. Hierdie is ‘n parfuum vir verleiding, en, na my mening, die enigste jasmyn wat ‘n man met vertroue kan dra.

***

My laaste keuse in jasmynparfuum moet daardie buiteperd, Jasmin et sigarette, van Etat libre d’Orange7 wees. Van alle onwaarskynlike kombinasies is hierdie een die mees radikale. ‘n Mens verwag natuurlik vonke van Etienne de Swardt en as jy aan sy parfuums ruik, word dit bevestig. Sy nuutste, ‘n huldeblyk aan Tilda Swinton, is verstommend, met note van naartjie, pampoen en gemmer.

Die jasmyn in Jasmin et sigarette is van die beste wat ek al ooit geruik het. Daar is jasmyn wat voller is en meer lyf het, maar hierdie een is silwerskoon en so vars soos dou.  Daarby ingevou is tabak, Turkse sigaret-tabak, hout, strooi en tonka, ‘n kombinasie soos geen ander op aarde. Toe ek hierdie geure nagevors het, het ek afgekom op ‘n beskrywing van Jasmin et sigarette deur Marina Geigert. Gaan lees dit, dis ‘n meesterlike verkenning van beide Edward Hopper se gestroopte beelde, veral Nighthawks, en een van die mees ongewone geure op aarde.

  • Isabella Niehaus

    Dave, ek lees sooooo lekker aan jou stories. Na jare as mode- en skoonheids redakteur bly dit van al die luukse my gunsteling ding…parfuum. Ek is gek daaroor om al die beautiful bottels wat ek deur die jare opgegaar het oral in my huis te he…en lief dit as gaste dit gebruik. Ek is vir 5 jaar al verslaaf aan een parfuum…..en vrees die dag wat dit nie meer beskikbaar gaan wees nie…….maar sal nooit my liefde vir die al die klein juwele verloor nie. Doe voort met jou wonderlike vertellings.
    Isabella.

  • OOwYs5 hgxwowhvzlkd, [url=http://gkoudnfltoux.com/]gkoudnfltoux[/url], [link=http://pexulrboagqa.com/]pexulrboagqa[/link], http://evmenzxivkfr.com/

  • Ek is vir 5 jaar al verslaaf aan een parfuum…..en vrees die dag wat dit nie meer beskikbaar gaan wees nie…….maar sal nooit my liefde vir die al die klein juwele verloor nie. Doe voort met jou wonderlike vertellings. Isabella.

  • Perez27Mandy

    Houses and cars are not very cheap and not every person can buy it. However, loan was invented to aid people in such situations.

  • Felipe

    Liebe Christiane,puh und ich dachte, ich sicbehre lange Texte Gut und richtig formuliert.Gerade an der Haltung scheitern die deutschen Verlage seit langem selbst. Hinzu kommt die Arroganz von vielen Journalisten. Beides verhindert Innovationsmanagement.Und: Der Job macht vielen keinen Spa mehr. Wer keinen Spa an seiner Arbeit macht, macht auch keine gute Arbeit. Viele der Gr nde hast Du genannt.Man sollte manche Verlagsleiter in Klausur schicken und erst wieder rauslassen, wenn diese Deinen Text einigerma en inhaltlich wiedergeben k nnen.Beste Gr eHardy Prothmann