Diverse

Dave Pepler blog: ‘Om ‘n landskap te skilder met geur’

My ma se tuin het altyd lekker geruik. Voor by die tuinhek was die formele roostuin met outydse pap-rose soos Pappa Meilland en Duftwolke – op ‘n loom oggend het vreemdelinge, gelok deur die geur soos skoenlappers, teen die grensdraad kom staan.  In elke randakker was daar heuningblomme, lemoen- en suurlemoenbome was deel van die blomtuin en daar was kruisement ondervoet op die kronkelpaadjies. 

Met veel moeite het my ma ‘n lila aan die groei gehou, net vir sy kortstondige lente-glorie, tesame met jasmyn en katjiepiering.  Maar daar is twee reuke wat my oombliklik terugvoer na daardie deurmekaartuin – minjonet en verbena (ysterkruid).  Is daar nog sulke tuingeure?  Minjonet voor sonop, so ysig skoon en dan verbena, groen en meer suurlemoen as suurlemoen – net ‘n plant wat altyd by helder lig en altyd by die son groei kan só betower.

Ek het L’Occitane in London ontdek, twee jaar gelede, op een van my jaarlikse Kers-uitvlugte.  My oog het die woord Vetyver op ‘n bottle sjampoe langs die bad gevang en omdat kuskusgras een van my gunsteling-geure is, het ek hand uitgesteek en ‘n bietjie uitgegooi.

Daar is twee pole aan kuskus: die absolute suiwerheid van Guerlain se Vetiver en dan die romerige, byna oorryp smeulende Fat Electrician van Etat Libre d’ Orange.  Hierdie een van L’Occitane was perfek geplaas tussen die twee.  Na my bad het ek dadelik die eienaar van die woonstel in Kaapstad gebel en gevra waar hy dit in die hande gekry het, en, ironies, moes ek hoor dat hy dit in tuis gekoop het.  L’Occitane het reg onder my neus ‘n tak in Kaapstad oopgemaak.

Gestig in 1976, het L’Occitain ‘n verfrissende credo, gemeet een die naakte gierigheid en meedoënlose kompetisie van die groot spelers in die parfuumbedryf.  Hulle koester eenvoudige waardes soos egtheid, respek en deurlopende verbetering.  Hierdie waardes slaan deur in hul soeke na bronne van volhoubare en hoë kwaliteit grondstowwe, die uitbou van klein besighede wat hierdie stowwe dan produseer, en laastens, toepassing van die wonderlike filosofie “Fair trade” wat verseker dat die produsente en hul gemeenskappe direk baat vind by hul produksie. Daarby is die L’Occitane Foundation gestig wat fundamentele hulp verleen aan mense met gesigs-gestremdgede.

Kyk mens na die komponente van hul parfuums, word die naam L’Occitaine gou duidelik – hierdie parfuums besing die helder lig van die Middellandse See.  Daar is ‘n oombliklike varsheid aan die geure en mens se gedagtes strek terug na ‘n somer in Provence, die warm lug belaai met lemoenbloeisels en laventel.  Mens dink ook terug na wandelings op ‘n Mediterreense eiland waar elke tree die geur uit bossies langs die voetpad losgemaak het – mirt, verbena en sewejaartjie.  Wat L’Occitane bowenal regkry is om ‘n landskap te skilder met geur.

Vetyver: Uit die ganse palet van geure vir mans troon vetiver of kuskusgras bo almal uit.  Ek het ‘n klein botteltjie konsentraat uit die Indiese stad Kannauj in Uttar Pradesh – hier word kuskusgras nog in koperketels langs die Ganges-rivier gedistelleer. Grond- en rook- en grasreuke kombineer in een van die mees sublieme aard-reuke wat ek ken. Ook hier word blindings gemaak van die wortels van kuskusgras sodat dit die aandbries kan versoet.  Só ruik L’Occitane se Vetyver – na ‘n warm aandwind wat oor ‘n tuin gewaai het.

Eau de toilette Verdon: Die oomblik wanneer ek die woord ‘aquatic note’ hoor ruik ek lont.  Die enigste voorbeeld van hierdie geur wat volkome oortuig is Davidoff se Cool water, reeds in 1988 geformuleer.  Die molekule wat dit so treffend gemaak het is Calone, wat reeds in 1951 deur Pfizer ontdek is en in beroemde parfuums soos Dior se Dune, Issey Miyake se L’eau d’Issey en Polo Sport Woman van Ralph Lauren gebruik word.  Wat Eau de toilette Verdon briljant laat slaag is dat die akwatiese note getemper word met lemoen, suurlemoen, peperment en laventel, op ‘n basis van seder.

Fleur Cherie:  Met die jare hou ek al hoe meer van die geur van lemoenbloeisel.  Laat verlede jaar het op ‘n lemoenplaas gaan werk waar die bome on volle blom gestaan het – teen laatmiddag was die lug versadig met parfuum – die sensuele oordaad sal ek tot my sterwendsdag onthou.  Fleur Cherie steek die lemoen eers weg agter ‘n soet bessiegeur voor die bloeisels na vore kom.  En as dít gebeur besef jy dis die ware Jakob.  Hierdie is die enigste L’Occitane wat ek as effens winters sal beskryf want dit herinner aan Jo Malone se briljante Pomegranate Noir.

Eau de Tiolette Verveine: Voor ek hierdie parfuum geruik het sou ek nooit kon dink dat mens ‘n geur kon baseer op verbena nie.  Aan die plant ruik dit grof teenoor die delikaatheid van klassieke geure, byna soos om goiing met alpaca te vergelyk.  Wat hierdie formulering so suksesvol maak is dat hierdie grofheid perfek gebalanseer word met bo-note van appel en kruisement en aan die basis met seder en ligte muskus.  Hierdie parfuum is vol streke – net sodra jy dink jy het dit vasgepen, verras dit met ‘n versteekte geur.

Fleurs de Brignoles:   Pruimbloeisels?  Pas vrygestel is hierdie ‘n rare skepping.  Meeste gourmand-geure neig om oorweldigend en dominant te wees en laat min aan die verbeelding oor.  Hulle skree hard: “Of jy my liefhet of haat, moenie my ignoreer nie!”  Fleurs de Brignoles kry dit reg om te fluister.

L’Occitane het ‘n groot aanbod van eau de colognes.  Mens moet parfuumkoop versigtig benader, byna soos met kuns. Beperk jou verkenning tot hoogstens vier geure, stap uit en gaan drink koffie sodat jou neus kan rus. Gaan terug en ruik nog vier, en stap weer ‘n draai.  L’Occitane het twee takke in Kaapstad, twee in Johannesburg en een elk in Durban en Pretoria.  Breek ‘n slag weg van die gewone parfuumwêreld en koop ‘n geur wat straal van lig en van sonskyn.

Dave Pepler

  • nudebabesh

    pravno svetovanje [url=http://www.investicija1a.info]investiranje[/url]

  • nakedj

    Prava naložba [url=http://www.vzajemniskladi.info]skladi alta[/url]

  • vanessax

    New Nude Celebrity Videos Added Every Day. [url=http://andarticles.com/picking-up-a-nude-model-for-your-upcoming-shoot.html]andarticles.com[/url]

  • megane

    Video Clips And Pictures Of Naked Celebs And Famous Nude Girls You Can Watch There. [url=http://nevadasunshine.info/celebrity-stolen-video/]nevadasunshine.info[/url]