davepeppler_4
Diverse

Dave Pepler blog: Snuf in die neus deel 2

So, jy wil meer weet van parfuum? Daar is slegs een probleem, en dit is dat jy op die platteland woon en beperkte toegang het tot die wêreld van reuke. Jy het jou ma se “scent”-smaak geërf, en nou en dan iets nuuts en vreemds aan ‘n reisende vriendin geruik. Hoe breek jy weg van die bekende botteltjies op jou spieëlkas?

Die laaste vyf jaar het verstommende vernuwing gebring in die parfuum-mark in Suid-Afrika. Stap enige groot winkelsentrum binne en kort voor lank loop jy jou vas teen Edgars se Red Square waar ‘n verstommende verskeidenheid parfuums jou begroet. Ook Foschini het onlangs begin met ‘n parfuum-afdeling met ‘n effens kleiner aanbod.

Maar wag. ‘n Onlangse opname deur sarie.com het hul gebruikers se gunsteling-parfuums gepeil, en ek moet sê dat daar min verrassings is. Ons lesers hou van Chanel se No. 19 (as daar ooit ‘n klassieke een was!), natuurlik Chanel No. 5 (‘n baanbreker), Estée Lauder se Pleasures (‘n silwerskoon Amerikaanse droom) en Dior se Poison (‘n stonker, soos Luca Turin dit noem – moet dit om hemelsnaam nie naby kos dra nie, en net so met Yves Saint Laurent se Opium). Ook in hierdie laaste groep val Lolita Lempicka se Lolita Lempicka, ‘n oorweldigende vrugte/blomme/soet hout-konkoksie – absoluut briljant! Slegs een parfuum het my aandag geprikkel, en dis Tom Ford se Black Orchid, ‘n donker en lieflike droom, ‘n randfiguur.

Wat my dadelik opgeval het was die gebrek aan iets nuut en dapper, ‘n volslae wegbreek van die bekende.  Het iemand al die verstomende produkte van L’Artisan Parfameur beproef,   beskikbaar by www.beauici.co.za, of die hemelse maaksels van Robert Piguet, beskikbaar by www.metropolitaincosmetics.co.za?  Vir dié wat werklik moedig is, is daar deesdae ook sogenaamde “indie”-parfuum (onafhanklike klein parfuumhuise) wat die besig is om die toekoms van parfuum te bepaal, soos Etat Libre d’Orange (Oranje Vrystaat) wat telkens die wêreld se gevestigde huise bloedneus-slaan met roekelose skeppings soos Jasmine et sigarette – my gunsteling, Rien (niks) en Sécrétions Magnifiques, almal beskikbaar by Metropolitain Cosmetics.  Nee?  Toemaar, ons sal nog by hulle almal uitkom.

Hoe gaan ‘n mens te werk om hierdie wêreld van boodskappe op die wind te betree? Jy begin lees! Net om te wys hoe oud die bekoring van parfuum is, wil ek voorstel dat ‘n mens begin by daardie wulpse kussing-boek van Muhammad ibn Muhammad al-Nafzawi (1450?), die berugte The Perfumed Garden. Beslis nie leesstof vir die preutse nie, maar ‘n lofsang oor die liggaam, die sinne en genot. Probeer die hemelse vertaling van sir Richard Burton. Dan, natuurlik, moet ‘n mens Patrick Süskind se Perfume lees – was daar al ooit ‘n roman so gedrewe, so meedoënloos en so pragtig?

Dan kom die moderne bybel van parfuum, Luca Turin en Tania Sanchez se Perfumes: The Guide. Dié boek lê langs my kooi, my konstante bron, nie net vir die volledigheid en insigte nie, maar ook vir die vlymskerp humor en sarkasme. Luister bietjie:

Oor die stomme Michael Kors se Michael: “Shrieking hair-singeing horror probably first rejected for use in industrial drain cleaner. One of the worst ever.” Maar as hulle eers begin sing, soos oor Bond No. 9 se Chinatown – luister:

“Some people find it too sweet. To my nose it smells like a corner of a small French grocery in summer, in the exact spot where the smell of floor wax meets that of ripe peaches. A treasure in a beautiful bottle.”

Een van my grootste vreugdes, en ‘n nimmereindigende bron van vars nuus, is die webwerf Now Smell This, waar, indien jy inteken, jy elke dag ‘n e-pos onvang oor wat leef en beef in die parfuum-wêreld. Saans, so teen nege-uur, land daar ‘n e-pos propvol parfuum-skinder, nuwe vrystellings en wenke na obskure bronne.

Sou jy, by al dié inligting, nog tyd hê vir lees, skaf Celia Lyttelton se The Scent Trail aan, ‘n vreugdevolle verkenning van die ganse parfuum-bedryf – dit lees soos ‘n speurverhaal.

Genoeg gepreek! Volgende week sal ons kyk na die soorte parfuum op die mark, hul duistere inhoude en waar ‘n mens dit kan besnuiwe. Daarna begin die pitkos – ons gaan kyk na blomme en hul olfaktoriese bekoring en hoe om ons tuine te verryk, en dit dan deurvoer na die finale produk aan jou hals. 

  • vwgcatpw

    XYEvoR knmzgqymhdma, [url=http://dhmnqvqddwsq.com/]dhmnqvqddwsq[/url], [link=http://hhkiruxsbgfl.com/]hhkiruxsbgfl[/link], http://rfpkcxghgzcm.com/

  • buy cialis

    Your ideas are amazing and helpful. Write more, and remember that "No person is your friend who demands your silence, or denies your right to grow." where to buy cialis

  • erectile disorder

    Hello, I find this kind of information useful and interesting. Will you post some more? order kamagra online sildenafil citrate kamagra jellies

  • what is erectile dysfunction

    I like your posts and I would like to read more. what erectile dysfunction

  • web hosting

    Don’t you think that life and time change people? I hope they’ll find their "way home" after reading your post. web hosting domain buy web hosting best free web hosts

  • sildenafil citrate

    Thank you for your post and your site. I will definitely subscribe to it now. online kamagra buy kamagra does kamagra work

  • yozqfl

    fZYI5F fcoakhajnofz, [url=http://pfgierrfzqio.com/]pfgierrfzqio[/url], [link=http://wbxbdrfoyxen.com/]wbxbdrfoyxen[/link], http://uedvhwcnmfkj.com/

  • Kirti

    Spannend zu sehen welche Ans tze es miieltrwetle f r den Unterricht gibt, im Gegensatz zum reinen Frontalunterricht fr her. Als recht experimentierfreudiger Typ, dessen intrinsische Motivation sehr ber die Frage Was kann man damit machen? l uft, war der Frontalunterricht insbesondere die Mathematik gelinde gesagt eine furchtbare Zumutung.Zitat: Mit dem ver nderten Lernen ndert sich auch die Fehlerkultur. Die Fragestellung „richtig oder falsch“ ndert sich in „brauchbarer oder weniger hilfreicher Ansatz“. Somit wird auch das Finden des Irrwegs als lehrreich empfunden . Ein sch nes Beispiel welche Auswirkungen die Art des Lernens in der Schule auf die sp tere Arbeitsweise hat, denn richtig oder falsch scheint mir pers nlich noch die dominante Denkweise zu sein. Ich bin gespannt wohin sich das noch entwickelt