immerg_2_2
Diverse

Dave Pepler se nuwe weeklikse blog – Snuf in die neus

Daar is stories oor reuk, tuinwenke, aanbevelings oor nuwe parfuums en soeke na ou en vergete botteltjies agter in die kas. 

Sou jy ‘n belangstelling in parfuum hê – van die alledaagse beskikbare geure tot die mees eksotiese en skaars aromas op aarde – dan moet jy Snuf in die neus dophou.Miskien, net miskien, indien daar genoeg belangstelling is, kan ons dink aan parfuum-reise na Indië, Egipte en Frankryk – tuberoos en kuskusgras langs die Ganges, jasmyn langs die Nyl, en Grasse in die lente met ‘n landskap oortrek met laventel.

Dave Pepler

 

Snuf in die neus – avonture met parfuum

 

 

Die wind dra boodskappe. Boodskappe van reën, warm klippe, blomme, brood in die oond, gekneusde gras en, sou daar mense in die landskap wees, boodskappe van arbeid, wellus en verlies.

Haal diep asem en trek jou longe vol lug – hou dit daar – die neus staak nét daar en registreer: niks! Sonder beweging in die lug is daar geen boodskappe nie. Selfs in die helder lig van die wetenskap bly reuk se skakel met geheue en emosie steeds duister. Toets hierdie enigma gerus – maak die deur van ‘n ou strandhuis naby die see oop, en skielik sweef jou gedagtes na jou jeug – van sout op jou warm vel en die benoude stank van seebamboes-opdrifsels.  Maak ‘n kas oop en hou die baadjie van ‘n minnaar teen jou wang.

Ek was in Cambridge toe ‘n geliefde vriend in Suid-Afrika gesterf het. Ontwortel en weg van die bekende kon ek eenvoudig nie oor hom rou nie en die verpakte emosie het diep in my gaan sluimer. Vyftien jaar later, op ‘n snikhete somersmiddag, stap ek oor die Plaza Major in Madrid, op pad na die Prado. Sonder enige waarskuwing tref ‘n lugstroom my neus en verborge tussen die stank van die stad, enkele molekules van Puig se Agua Brava. Net daar, te midde van duisende mense, het ek in trane uitgebars en kon ek vir die eerste keer oor hom rou. Dertig jaar vantevore het hy ‘n bottle Agua Brava van Puig in my hand gedruk toe ek op pad was na Londen, my eerste groot uitvaart. Tot vandag is Londen en Madrid die plekke waar ek my vriend Stoffel voor die gees roep.

Afrikaans is deurspek van verwysings na die neus – neusie verby, ‘n neus hê vir iets, agter jou neus aanloop en jou neus verbypraat. Neuse kan ook ‘n obsessionele rol speel by sommige mense, veral vroue – te groot, te klein, te krom, te plat . . .Mens sien in die spieël wat jy wíl sien – en só bly plastiese snykundiges besig. Maar bowenal sny die neus die wind, loop die mens vooruit.

Hoekom dra ons dan parfuum, van die vroegste tye af? Carter was verstom toe hy van Tutankhamun se parfuumflesse oopgemaak het en oorweldig is deur die hemelse geure – ná 2 300 jaar nog potent. Ook die Bybel het vele verwysings na parfuum en wierook; dink maar aan Hooglied: “Sy wange is soos balsembeddings, terrasbeddings van geurige plante; sy lippe is lelies wat van vloeiende mirre drup”. Ons gebruik parfuum omdat dit ons meevoer na geheime plekke, op vlug neem na ontsnapping, om te verlei en, bowenal, omdat ons verbeelding daardeur gevoed word.

Maar daar is dalk ander redes.

Kyk mens na die hare van die oksel en van die pubis, sien jy dat dit afgeplat is, in teenstelling met dié van die kop.  Plat hare beteken groter oppervlaktes en dit veroorsaak verdamping.Verdamping van feromone, daardie skalkse boodskappers van die liggaam. Sweet en ander afskeidings bevat komplekse samestellings wat duidelik te make het met die liggaam se fiksheid en vrugbaarheid (lees testosteroon en estrogeen hier). Daarom is reuk so belangrik vir meeste diere, nie net om gevaar vry te spring nie, maar ook om besluite te kan maak oor maats. Gebruik ons dalk ook parfuum om hierdie “primitiewe” boodskappe te onderdruk, veral in gemeenskappe waar ons noodgedwonge saamleef?

Hoe dit ook al sy, die wêreld van parfuum boei – van oliekolonie, wat ruik na soustannies wat pannekoek bak by ‘n kerkbasaar, tot hemelse konkoksies. Ons gaan trapsgewys kyk na moderne parfuum en elke komponent besnuif en beskryf. Daar is wonderbaarlike nuwe parfuums op die mark, van die geykte tot die absoluut fabelagtige.

Welkom by Snuf in die neus!

 

  • http://uojfqigivrgv.com/ wkxzcqdvazd

    pODMW4 qxhyarjqehjw, [url=http://qnesbbhrcysd.com/]qnesbbhrcysd[/url], [link=http://fafqxwakyxro.com/]fafqxwakyxro[/link], http://lfdgtizqegys.com/

  • http://oibznmduyfja.com/ yxwrun

    YcMVyt ztzihkmwhvjs, [url=http://gnrgyyzqcqos.com/]gnrgyyzqcqos[/url], [link=http://fvrmugbhksxt.com/]fvrmugbhksxt[/link], http://multipdjncfu.com/

  • Ansie van der Westhuizen

    Goeiedag, Ek soek na `n parfuum wat ek nog net van gehoor het, my ma is nog steeds gaande daaroor al het sy dit dekades laas in die hande kon kry. Die parfuum se naam is Evening in Paris, was blykbaar in `n klein blou botteltjie en BAIE gekonsentreer.

    Enige inligting sal waardeer word. Sy sal in ekstase wees as ek `n botteltjie in haar hande kan gee.

  • Clint

    Auch wenn ich einiges in dem Blogpost unertst tze, beim letzten Punkt Lasst den Quatsch mit der Formatbindung kann ich als alter Verlagshase nur sagen: das ist kein gewollter Quatsch der Verlage, der Gro teil der mittleren und kleinen Verlage ist mit M he und Not dazu in der Lage, aus der Drockproduktion heraus ein webf higes PDF zu erzeugen! Und die anderen Formate ohne gro e Mehrkosten? Schon mal einen XML-Workflow o. . aufgebaut und bezahlt?Hier wird theoretisches Wissen, praktisches Wollen und eine Grundhaltung in Richtung Die Verlage wollen ja gar nicht gef hrlich vermengt!

  • Irene

    Ek onthou ook jare gelede die klein blou bottertjie met ‘n rubber proppie EVENING IN PARIS. Het al deur die jare na ‘n plaasvervanger gesoek, maar kon nie kry nie. Kan jy dalk help, ek sien daar is ook iemand anders wat daarna soek.