Diverse

Die bes gekledes by die Grammy Awards 2013

Beyoncé het ongelooflik gelyk in ‘n swart en wit eenstuk van Osman. Ons is mal oor hoe sy die a-simmetriese bokant afgerond het met dieselfde breë armbande aan albei arms.

Die groot verassing vir die aand was Rihanna. Sy het weggebreek van haar normale ‘grunge’- style met ‘n rooi, vloeiende rok van Azzedine Alaia.

Die 23 jarige Taylor Swift het weereens ‘n wit rok gekies. Hierdie keer het haar rok van J Mendell ‘n meer Griekse invloed gehad. Sy kan egter tans nie ‘n mode voet verkeerd sit nie.

Kort op ousus se hakke is Solange Knowels met ‘n groen blinker rok van Ralph & Russo Couture

Adele het weggebreek van haar normale swart nommertjies en ‘n blompatroon 50’s-styl rok van Valentino gekies. Om dit af te rond het sy ‘n paar bypassende blom punt skoene gedra.