carike
Diverse

Dié huwelike hóú

Getroud vir 40+ jare

Ons kan skaars bybly met die bekende paartjies – dan is hulle saam, en dan net so vinnig weer uit! Maar dié huwelike het deur die jare hul staal bewys …

Bill en Camille Cosby – 49 Jaar getroud

Kirk Douglas en Anne Buydens – 59 Jaar getroud

Billy en Janice Crystal – 43 Jaar getroud

Martin Sheen en Janet Templeton – 52 Jaar getroud

Blake Edwards en Julie Andrews – 44 Jaar getroud

Dustin Hoffman en Lisa Gottsegen

33 Jaar getroud

Die 73-jarige Oscar-bekroonde Dustin het met die prokureur Lisa Gottsegen in 1980 getrou. Hulle het vier kinders saam. Dié paartjie was familievriende en het die eerste keer by haar ouers se huis ontmoet toe sy maar net 10 jaar oud was en hy reeds 27.

Ozzy en Sharon Osbourne

31 Jaar getroud

Sharon se pa, eienaar van Jet Records, het haar as 18-jarige gestuur om Ozzy “op te pas” toe hy net by Jet Records geteken het. Sy het later ook sy bestuurder geword.

Hulle is in 1982 in Hawaii getroud en het drie kinders, Kelly, Jack en die kamera-sku Aimee.

Danny DeVito en Rhea Perlman

31 Jaar getroud

Die akteurspaartjie ken mekaar al vir langer as 40 jaar, en is vir 31 jaar reeds getroud. Alhoewel hulle verlede jaar vir ‘n tydperk uitmekaar is, het hulle weer opgemaak. “Hulle is lief vir mekaar – hulle was nog altyd, en sal altyd lief wees vir mekaar,” het ‘n bron aan People gesê.

Denzel Washington and Pauletta Washington

30 Jaar getroud

Hulle is sedert 1977 ‘n paartjie en jaloesie is nie ‘n probleem in dié verhouding nie. Toe Oprah vir Pauletta gevra het of Denzel se vroulike aanhangers (hy was aangewys as People se sexyste man in 1996) haar pla, het sy geantwoord: “Nee, want weet jy hoekom? Hy kom altyd huis toe.”

Christopher Guest en Jamie Lee Curtis

Jamie het deur ‘n tydskrif geblaai, ‘n foto van Christopher gesien en dadelik gedink sy wil met hom trou. Jamie het in ‘n onderhoud met  O Magazine gesê: “Ons het ‘n wonderlike, gekompliseerde, onvolmaakte lewe. Dit is ‘n regte egte huwelik. Ek weet nie waarom ek gedink het ons sal mekaar verstaan toe ek sy foto gesien het nie. Iewers in sy glimlag, dink ek, was daar ‘n geheim wat net ek geken het.”

Tom Hanks en Rita Wilson

25 Jaar getroud

Rita het aan Parade gesê dat Tom baie moeite doen. “Hy los vir my briefies by die telefoon of by die koffiemasjien. Ek hou dit alles. Hy stuur ook vir my foto’s op my foon heeldag – waar hy is, wat hy doen.

Volgens Tom lê die geheim in hul huwelik dat dit nie moeilik is nie. Hy het onlangs aan Pierce Morgan gesê:

Elke dag is pret saam met Rita. Dit is hoe dit moet wees as jy getroud is aan iemand – sorgvry en maklik!

Michael J. Fox en Tracy Pollan

25 Jaar getroud

Ongeag Michael se stryd met Parkinson se siekte, het Tracy nog nie sy sy verlaat nie. “Dis moeilik om te verduidelik waarom hierdie wonderlike vrou by my wil bly … Ons is steeds lief vir mekaar en laat mekaar lag, wat seker die belangrikste ding is. Sy dink steeds ek is slim, snaaks en sexy,” het Michael aan Parade gesê. 

Tracy erken dat ‘n lang huwelik werk verg, maar dat liefde dit die moeite werd maak.

Michael is ‘n baie maklike persoon, veral onder die omstandighede, Hy’s snaaks en
goedgunstigheid en ek is lief vir hom. Ek wil by sy sy wees.

Het ontmoet tydens die sitkom Family Ties in die tagtigerjare.

 

Kurt Russell en Goldie Hawn

25 Jaar getroud

Die paartjie het begin uitgaan op die stel van Swing Shift, maar hulle is nog nooit getroud nie. Goldie het al by verskeie geleenthede gesê dit gaan nie oor die seremonie nie, maar oor die wete dat jy by die persoon is by wie jy veronderstel is om te wees.

Kevin Bacon and Kyra Sedgwick

24 Jaar getroud

“Wanneer ek nie vir Kyra sien nie, sien ek uit om haar weer te sien. Ons praat baie én ons lag baie. Mense wil weet, ‘Hoe doen julle dit in Hollywood?’ Ek het nie die antwoord nie. Ons hou net daarvan om by mekaar te wees,” het Kevin aan Parade gesê.

John Travolta en Kelly Preston

21 Jaar getroud

Dié paartjie het op die stel van die film The Experts in 1989 ontmoet. John sê oor dié dag: “Daar was ‘n sterk fisiese aangetrokkendheid omdat sy ‘n wonderlike lyf het en haar gesig laat dink my aan Grace Kelly.”

Warren Beatty en Annette Benning

21 Jaar getroud

Sy is 54 en hy is 76, maar die ouderdomsverskil speel nie ‘n groot rol in hul verhouding nie. Annette sê aan Parade dat kommunikasie speel ‘n groot rol omdat hulle soms op verskillende stadiums van hul lewe is.

Jy kort net ‘n goeie basis van liefde, respek en wedersydse verstandhouding

Dit lyk ook asof Annette net die regte vrou vir Warren was, wat op daardie stadium ‘n regte rokjagter was. Daar is geglo dat hy elke aktrise met wie hy gewerk het, bed toe gevat het – insluitend Madonna.

Dawid Bowie en Iman

21 Jaar getroud

Sting en Trudie Styler

21 Jaar getroud

it was a ‘complicated’ start. He was married in 1982 when the couple began seeing each other, then Trudie got pregnant. Sting divorced his first wife, and the couple lived together for years before marrying in 1992. They have four kids. 

Bono en Ali Hewson

20 jaar getroud

Ali was blykbaar die inspirasie vir U2 se treffer “The Sweetest Thing.”

David E. Kelly en Michelle Pfeiffer

19 Jaar getroud

“Ek het goed gekies met David … Ek het nog nooit ‘n persoon ontmoet met soveel integriteit soos my man nie. Ek respekteer dit. Dan is hy ook snaaks en slim en baie oulik, maar as jy nie jou maat respekteer nie, sal jy vinnig moeg raak van hom,” Michelle in ‘n onderhoud met Parade.

Antonio Banderas en Melanie Griffith

17 Jaar getroud

Alhoewel hulle al deur baie is met Melanie wat ‘n dwelmverslawing moes veg, is hulle steeds saam. Volgens People voel Antonio dat hulle probleme nie meer of minder as ander mense s’n is nie.

Robert De Niro en Grace Higtower

16 Jaar getroud

Die paartjie se padjies het in 1999 geskei, maar hulle is nooit amptelik geskei nie. in 2004 het hulle hul beloftes aan mekaar hernu. Hulle het 2 kinders saam.

Gavin Rossdale en Gwen Stefani

11 Jaar getroud

Die paartjie het ontmoet toe No Doubt (Gwen se group) saam met Bush (die groep waarin Gavin sing) opgetree het. Hulle het twee kinders saam, Kingston en Zuma. Alhoewel Gwen nou meer bekend is as Gavin, probeer sy altyd die kollig op haar beroep laat val, eerder as haar persoonlike lewe.

Ben Affleck en Jennifer Garner: 8 Jaar

David en Victoria Beckham: 14 Jaar

Bart Freundlich en Julianne Moore: 11 jaar

Matthew Broderick en Sarah Jessica Parker: 16 Jaar

Andrew Upton en Cate Blanchett: 16 jaar

Colin Firth en die Italiaanse filmmaker Livia Giuggioli: 16 Jaar

Sarah Michelle Prinze (Gellar) en Freddie Prinze Jr.:11 Jaar

 

 

 

 

  • Retha Rix

    Dit was nou sommer lekker om te lees en te kyk watter bekendes ook die spreekwoordelike sewe sakke sout saam opeet. As ek na die name kyk kan ek nie dink dat die mense al so lank getroud is nie, want ek onthou die trou foto’s en dit voel soos gister – dan besef mens – jy vergeet dat jy as gewone mens ook al 31 jaar saam met jou mannetjie leef en hul trou foto’s was jou inspirasie vir jou rok of hoe jou troue moes lyk.

    Dit laat my dink toe ek op Ceres vir my Sub B klas vertel van dat hulle moet vir mamma op pappa vra of hulle ook al 7 sakke sout saam opgeeet het – se die een pragtige klein dogtertjie – my ouma en oupa het sal seker sout eet maar ek dink nie my ma sal so simpel wees nie!! Dankie vir lekker voel leesstof!!