Diverse

Eat, Pray, Love. Ditto: Slot

Herinneringe aan ‘n vakansie kan so maklik vervaag. Maar tog bly die geur van vars gebakte pizza en die kronkelstraatjies van Venezia my duidelik by. Ditto vir die soet gelato en bruin skakerings van Bologna … En ek herroep ewe helder die Italiaanse musiek op die piazza saam met Janine langs die see in Vernazza – groot glase oranje spritz in die die hand. In Italië kon ek myself letterlik verdrink in belewinge. En ek kan steeds die herinneringe met helderheid uitpak en opvryf en myself stil-stil daarin verdiep.

En, soos ek myself op pad huis toe in Turkeye belowe het, ek is daadwerklik ‘n vernuwe mens. My nuwe, vloeiende klere in roomyskleure getuig daarvan. So ook my vasberade pogings om my eie perke en grense te stel. Saans drink ek uithalerwyn en ek toor met olyfolie en tamaties in die kombuis, nes ek en Janine in Toskane by die kookkursus geleer het. Ek het my beste handdoeke en linne uitgepak en ek wend my parfuum, gekoop by die eksklusiewe Printemps-inkopiesentrum in Parys, elke oggend kwistig aan.

Soos ek terugkyk na die skryfproses van Eat Pray Love.Ditto, was dit erg traumaties maar terselfdertyd ook uiters terapeuties vir my om in die verlede te gaan delf en ou briewe, drome en skrywes op te diep en hier op sarie.com daaroor te berig. Ek het my nooit kon indink dat ek soveel trane sou stort oor my verspeelde seisoene nie.

My verhaal is beslis nie uniek nie; élkeen van ons het ‘n storie om te vertel. My sielkundige beaam dat mens die verlede moet eerbiedig en respekteer, en jouself gerus kan herinner hoe jy nie in die toekoms moet optree nie… Tuur mens terug, die verlede in, beslaan die hoog-en-laagtepunte soms ‘n volle biografie; soms net ‘n kort, stom begrafnisbrief óf dalk ‘n lang meesleurende boek of draaiboek, soos met Elizabeth Gilbert se boek Eat Pray Love.

Ek kom tot die slotsom, nadat ek weer na die film in Suid Afrika gekyk het, dat ek myself wel vergewe het vir beide my egskeiding én die feit dat ek myself so min na waarde geskat het die afgelope dekade. Ook begin ek weer om in die liefde te glo. My kop is lig, my oorvol hart is besig om stadig weer haar ritme te vind en warm Afrikaners-lewensbloed te pomp.

My dierbare moeder het in die donkerste tye van die afgelope paar jaar vir my die metafoor gegee waar ‘n afgebrande veld agter my lê en ek nou die sagte, groen lente binne-wandel. Ja, ek struikel soms in die afgebrande veldpaadjies van my ou self, maar ek betree elke dag opnuut ‘n nuwe seisoen en stap die toekoms met oop arms tegemoet: groen weivelde met waters waar daar rus is, vol van God se liefde en genade.

  • Talita

    Carla, dit was so heerlik om elke week te lees saam met jou en jou so ook beter te leer ken. Ons is vreeslik spyt dit is verby!! Hoop jy sal speodig weer vir ons skryf, veral oor jou helderkeurige lewe nou. Jy is n ware inspirasie vir elke vrou. Ek bid dat jy net nog meer geseend sal wees:-)

  • Done Dunkey

    Awesome, lekker lees stukkie Carla!! Lekker insirasie vir die res van ons!!

  • Pieter Prinsloo

    Dankie Carla. Jou bereidheid om te deel en jouself oop te maak het vir ons ook laat nadink oor ons unieke-dog-enerse situasies. Ek kon myself verdiep in jou as vriendin se nou en toe belewenis maar ook sielkundig filosofeer oor my eie lewe, hede, verlede en toekoms. Ek kon gelukkig in my eie gedagtes tot my eie konklusies kon kom, waar ek nie die wonderlike omskrywings en woord keuses waarmee jy geseënd is hoef neer te pen nie. Dankie en liefde.

  • Elize

    Jou blog se einde was regtig great en ek dink dit was jou best skrywe ooit. Baie goed gedoen!

  • Gerald R

    Dankie. Ek het dit baie geniet.

  • Lindsay

    Thank you Carla. It has been such a thrill to follow your great adventure around Europe. What an exciting time you have had and some awesome experiences. Also what a fantastic author you are, although some of the Afrikaans is lost on me I generally get a good idea of what has been happening!Keep smiling that lovely smile.

  • Kerry

    Dis nie die slot nie, maar die begin!

    Love you, my brave friend. What a path you have walked!

    x and a hug and anticipation of the new season!

  • Chris

    It been nice reading your thoughts…well done very brave.

  • LK

    Dankie my skat dit was altyd so lekker om saam te lees!
    Jy ‘n wonderlike talent met woorde en dit maak my so lus om te lees!
    Geniet die lewe en onthou, jy is pragtig van binne en buite!
    Groot drukkie!

  • Marjana

    Thanks for a stunning journey!!

  • Mia Breet

    Carla, hierdie is so ‘n mooi slot. Het my in trane gehad. Soos Talita hierbo se: Jy is ‘n ware inspirasie!

  • Talana

    Carla baie dankie dat jy uit die diepste van jou hart aan ons kom deel het! Dit was ‘n baie spesiale en wonderlike reis deur landskap en deur siel.
    Gelukkig is daar op hierdie reis na ‘n nuwe jy geen spasie vir "u-turns" nie, so bly kyk voorentoe op boontoe!
    Ek sal elke keer as ek ‘n glasie skink op jou nuwe lewe klink en celebrate oor die wonderlike vrou wat jy nou jy!

  • Mareli

    Carla, ek het die saamlees so geniet – jou manier met woorde is fantasties en my mond het gewater oor al die lekkernye, en natuurlik ook jou wedervaringe! Ek het veral ook die mengsel van hede en verlede geniet. Alles van die heel mooiste en beste op jou reis verder vorentoe. Jou Anker is reg. Liefdegroete & ons praat sommer gou weer.

  • Tia Smook

    Phew, nou weer n traan weggesluk na die mooi herinneringe. Jo, jy ken soveel mense net omdat jy vir soveel van ons omgee en jou wel en wee deel. Dit was wonderlik, baie dankie. Love you! En kyk net die mooi foto van Pieter ne?

  • Carla Swanson

    Baie dankie aan almal vir jul gawe woorde en omgee. xx