Diverse

Eksklusief! Janie du Plessis blog: “Boewens en krokke…”

Gister het ons ‘n  mat, ‘n paar bakkies en nog goeters vir die huis gaan koop in Marokko. Dis teoreties net ‘n 35-minuut ferrie-rit maar alles met ‘n enjin in Marokko is óf stukkend óf laat as jy eers daar aankom. Die dag was onnodig lank en ek was lekker issegrimmig toe ons in plaas van 8uur die aand eers middernag terug was in Sotogrande.

Ek was die tolk! Ek’t lankal uitgewerk dat as ek die helfte van die sin in Italiaans sê en die ander helfte in Portugees, praat ek omtrent Spaans – want sien, almal verstaan my. Die probleem met gister se uitstappie was dat almal was soos Spanjaarde lyk, nie noodwendig Spanjaarde was nie. Daar by die ferrie was hulle Arabiere en die Arabiere het nie my Spaans verstaan nie.

Dis toe met my Spaans en die Arabiere, wat my flous met hulle Spaans, dat ons toe amper beroof word.

‘n Baie gawe ou het vir ons gevra of hy ons kan help want ons kon nie die kaartjiekantoor kry nie. Ons volg toe vir die man vir ‘n lang ent. En hoe meer ek hom vra, waar die kantoor is, hoe minder verstaan hy my! Toe ons weer sien, toe’s daar sommer ‘n ander ou, met skewe tande en ‘n stoppelbaard wat met ons gawe ou begin baklei. Toe ons, na ‘n helse ent, by die hawe begin uitloop toe hoor ons ‘n harde fluit en toe ek omdraai toe’s dit ‘n polisieman wat woedend skreeu en handgebare maak. Daai twee gidse skarrel toe soos verskrikte rotte tussen die bosse langs die pad in. Ek vra toe vir die polisieman wat aangaan. Hy skreeu toe vir my – “Hulle’s diewe – hulle gaan julle beroof! Kan jy dit nie sien nie?”

Ek’t gedink dat die taxi waarin ons van die hawe na Tangiers moes ry, die stukkendste motorkar was wat ek al ooit in my lewe in was! Ek was verkeerd. Die taxi wat ons terug van Tangiers af hawe toe geneem het, was! Ek weet nie van karre nie maar Rian het vir my verduidelik dat die ‘dif’ glo in sy duiwel was, die ‘gasket’ was geblaas en nog ‘n belangrike ding wat ek nie kan onthou nie was gebreek, wat eintlik maar beteken het dat ons nie vinniger as 40km/h kon ry nie! Die stuurwiel kon ook nie lekker draai nie want die kronkelende kuspaadjie terug hawe toe moes ons plek plek so wyd draai dat ons in die aankomende verkeer se baan moes ry om die om die draai te kan maak.

Maar, ek dink die omie was blind want ekt hom dopgehou en gesien dat hy skrefiesoog na die wit lyn staar in die middel van die pad en sy wiele mooi netjies aan weerskante probeer hou het.

Ons het darem ‘n mooi mat gekoop.

Lees Janie se vorige blog-inskrywings

Middagete... As jy opkyk...
Ons soek &aposn taxi Die krok
  • Rita

    Ek giggel want vroeer vanjaar het ‘n groep ook vir die dag oor gegaan Marokko toe. Daar was ‘n toer gereel, en almal het tande geslyp vir die lekker koop aan geskenkies Die trippie in die ferrie het het ook ure langer geneem en almal het stokvlou en met lee hande teruggekom! Beslis ‘n kulturele ervaring!

  • Al wat ek van Morokko weet is dat hulle kos lekker proe. Maar dit was lekker om jou storie te lees. Ek het half gevoel asof ek saam julle dit als ondervind het. So gaan jy en Riaan trou? En dan hoef jy nie jou van te verander nie 🙂 dh

  • mQeIlZ qdqngvybhfvo, [url=http://acqtgrfywxkw.com/]acqtgrfywxkw[/url], [link=http://brzzqghemwlp.com/]brzzqghemwlp[/link], http://xupxjvzmjppx.com/

  • Haha

    stokVlou, nogal!

  • Ashim

    SensIch glaube, wir mfcssen usecrneheidtn zwischen geff6rderter Forschung und guter Forschung, und einen Weg finden, beides miteinander zu kombinieren. Und bei Diskussionen findet man genau diese Unterscheidung sehr oft. Man weidf, was man will, man weidf, was geff6rdert wird, und man kombiniert das geschickt.Die von Dir beschriebene Methode der Verteilung von Ff6rdermitteln kenne ich natfcrlich auch sehr e4rgerlich, wenn man nicht dabei ist, und sehr angenehm, wenn man es ist … (da diejenigen, die das e4ndern kf6nnten, meistens auch die sind, die davon profitieren, wird sich das wohl kaum so schnell e4ndern). Ich kenne die Situation in D nicht so gut bei uns werden vier bis ffcnf Gutachten eingeholt und danach entschieden; das ist zwar nicht ideal, allerdings Verteilt es die Macht ein wenig. Es e4ndert aber nichts daran, dadf risikoarme Ideen mehr Erfolgsaussichten haben als neue Ideen. Aber zurfcck zu den Diskursen: bisher hatte ich mit den meisten Kollegen, mit denen ich zusammenarbeite, sehr gute Diskussion. Sicher, es gibt die fcblichen Ausnahmen, die sich ffcr so etwas zu schade sind, aber in der Mehrheit habe ich diese bisher noch nicht erlebt. Leider sind solche Diskurse meistens aber auch sehr niederschlagend, weil die eigenen Fehler viel zu schnell sehr offensichtlich werden.