drienie339small
Diverse

En die wenner is . . . Drienie Vorster!

Drienie Vorster, Natelie Verster, Chrizaan Nela en Ilze van der Merwe het ewe veel stemme deur sarie.com-gebruikers verwerf. Dis tóé dat ons SARIE se skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen, en sosiale- en stylredakteur, Fanie Cronjé, die laaste sê gegee het oor wie nou eintlik die mooiste aan die ander kant uitgekom het. Drienie Vorster was albei se nommer 1-keuse.

Geluk! En geluk ook aan almal wat die moeite gedoen het om in te skryf.

Drienie beskryf haar ervaring só:

“Dit was net lekker om ná ‘n see-vakansie, waar ‘n mens nie eintlik so gesteld is op jou hare en grimering nie, bederf te word. Dit was ook ‘n uitdaging om ‘n pleister oor my mond te plak en toe te laat dat hulle my hare en gesig versorg sonder dat ek inmeng. Dit is goed om party keer te waag en te vertrou . . . “

Drienie wen ‘n Estée Lauder-geskenkpak ter waarde van meer as R3 000.  

  • Hyla

    Drienie, jy lyk pragtig en verdien om te wen!

  • http://pcqqsibppbqu.com/ mwbwslf

    OUszi3 vsuipskwblhx, [url=http://lxayxhxjhxps.com/]lxayxhxjhxps[/url], [link=http://frjtgbigians.com/]frjtgbigians[/link], http://zndcvqxvadty.com/