Diverse

Gratis pastaboekie saam met die September-uitgawe

“Pasta is vir my koesterkos. Jy kan enige tyd van die week vir jou gesin dié staatmaker voorsit en ek verseker jou almal sal gelukkig wees. Hier is ’n lekker verskeidenheid resepte uit SARIE KOS, met heelwat vir vleistande én vegetariërs. Ek wys ook hoe jy jou eie glutenvrye tagliatelle kan maak.

Geurig en maklik.

Lekker kook!”

Barbara

Hier is een van dié resepte

[box:full:grey:both]

Gnocchi met ertjies, bloukaas en sampioene – 4 porsies

[/box]

Gnoccimet ertjies, bloukaas en sampioene

BESTANDDELE:

• 15 ml botter
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 125 g babasampioene
• 160 g vars of bevrore ertjies
• 250 ml room
• 500 g gnocchi
• 90 g bloukaas
• klein bietjie sout, na smaak
• varsgemaalde swartpeper

METODE:

1. Verhit solank water vir die gnocchi in ’n groot kastrol – lees op die pak hoeveel om te gebruik.

2. Smelt die botter in ’n pan en braai die knoffel en sampioene vir omtrent ’n minuut.

3. Voeg die ertjies en room by en laat kook vir 8 – 10 minute.

4. Wanneer die water begin kook, gooi jy die gnocchi in en volg die aanwysings op die pak. Gnocchi is gewoonlik binne 3 minute gaar.

5. Dreineer die gnocchi dan.

6. Voeg nou die bloukaas by die sous en geur met min sout en varsgemaalde swartpeper.

7. Meng die sous met die gnocchi en sit dadelik voor.

  • karin

    Moes die Kos saam met die jongste uitgawe ontvang gewees het? Ek het nie 1 in die pos ontvang nie – laat weet asb indien ek die kat aan die stert beet het.

  • A V D WALT

    Hier was ook nie ‘n boekie in ons Sarie nie ? ( pos )

  • Anneline

    Ek het dit ook nie saam met my September uitgawe in die pos ontvang nie.

  • Daleen Writes

    ek het ook nie my pasta boekie saam met my Sarie in die pos ontvang nie. Help asb! is nogal teleurgesteld.
    Daleen – intenaar nr 1619175

  • SARIE

    Liewe SARIE-intekenare: Ons het die fout met die pastaboekies opgespoor. As gevolg van ‘n invoegingsfout by die drukkers het die intekenare ongelukkig nie hul pastaboekies ontvang nie. Dit sal beslis saam met die volgende uitgawe ingevoeg word. Jammer vir die ongerief!

  • Gail

    Baie opgewonde oor pasta resepte boekie maar nie een gekry in geseelde Sarie September nie..Help !!Sarie by Woolworths gekoop

  • Lien

    Het by kafee in Stellenbosch gekoop en ook nie een gekry nie!

  • Annemi

    Ek het myne in Kuilsrivier gekoop gister en dit het ook nie die pasta boekie ingehad nie, wat teleurstellend was want dit is juis hoekom ek die tydskrif gekoop het 🙁