sr0902koffietrend_4_
Diverse

Hester Carstens – Rome toe vir koffie

Toe Michélle my (nogal die dag voor my verjaardag) so half terloopserig vra of ek ’n paar dae Rome toe wil gaan vir SARIE, was dit wonderlik genoeg! Wat sy tóé nie genoem het nie, is dat die maatskappy wat ons genooi het, Lavazza, boonop sou sorg vir super-luukse hotelkamers (die concierge het my glad ’n les of wat in Italiaans gegee) en ’n uithang-geleentheid soos min – by ’n wondermooi villa hoog bo die stad, op een van Rome se heuwels!
Al was ek letterlik minder as 48 uur in Rome het ek heeltemal genoeg gesien om te weet: terug moet ek gaan . . .