Diverse

Janie blog: Die draak is die meisie se tatoeëermerk

As ek in die stoomkamer sit, hou ek haar altyd deur die glas dop en dis opmerklik hoe almal na haar boude kyk pleks van haar mooi gesig. Wat het jy gedink gaan mense doen as jy ‘n tatoeëermerk daar maak, liewe Vrou? Moenie nou skaam wees nie! As ons nie mag kyk nie, wie mag?

In my huis is die tatoeëermerk-debat al oor en oor gehou. Dis mooi, dis lelik, dis mooi, dis lelik… Is, is nie, is, is nie. Ek verstaan dit nie?

Ek verstaan dat dit gaan oor individualitiet en dat jou tattoo deel word van jou persoonlikheid. Maar wat ek nie verstaan nie is dat jongmense nie besef dat ‘n tattoo, amper soos trou, nie perdekoop is nie. Die letsels bly, al raak jy ontslae van hom…

En as dit ‘n mode is, weet jy nie dat mode uit die mode uit gaan nie? Dit beteken dat die volgende mode juis gaan wees om nié ‘n tatoeëermerk te hê nie.

Een ding kan ek jou belowe, en dit is dat jy gaan oud word  Weet jy hoe lyk ‘n ou vel? En weet jy hoe lelik lyk ‘n ou vel met ‘n tattoo op? In die suide van Portugal en Spanje bly daar honderde Engelse wat afgetree het. Hulle het hul donker, nat woonstelle in Engeland verruil vir woonstelle aan die Mediterreense kus. Noul loop hulle in hordes daar rond met hul plakkies en wit bene, op en af op die promenades in die middel van die winter. Hulle het almal ou tatoeëermerke wat skeefgetrek het en pap hang om hul ou lywe.

Ek’s so bly dat ek nie in die mode is nie. Ek trek agter in die hoek van die gim aan, tussen die ou tannies wat aqua aerobics doen en waar almal omtrent 15 jaar ouer as ek is. Daar tussen die inklose bleek spul voel ek veilig.

Ons het vanoggend weer lekker gepraat oor die weer.

[box:full:red:both]

Lees hier oor haar nuwe geselsprogram, Wat mense sê, wat binnekort op kykNET begin

[/box]

  • Mariana

    "Reuse agterstewe met ‘n reuse tatoeeermerk". Konsentreer eerder op jou eie tekortkominge (of is die uwe nou weer te perfek) en skryf artikels oor dit wat saak maak. Los die ander mense se stêre en verrekte velle uit, indien hulle gelukkig is wie is jy nou om kommentaar of kritiek te lewer, net omdat jy kan!

  • Suzette

    Dankie Janie, jy maak my dag, dankie dat jy eerlik is en vir die jongmense se hoe afskuwelik is die mislukke mode, ‘n tatoeermerk is afgryslik vieslik, dankie daarvoor. Hoogtyd dat mense soos jy standpunt inneem want almal wil deesdae cool en in wees, ek verkies ook maar die lewe tussen die ouer mense want dis waardie wysheid le. Jy bly maar ‘n mooi vrou.

  • Dirkie

    Ongelukkig het my seun gedink en geglo dit sal die ewige liefde bly – die tatoeer -krulletjie – "S" so tussen sy blaaie. Na die liefde gesneuwel het, moes die S in Kunswerk verwerk word – ag mens!! Die positiewe gevolge : – Hy sal nie weer ‘n voorlettertjie tatoeer nie – en hierdie Ma is so dankbaar dit was nie haar volle name nie…..

  • Marie-Louise

    Sjoe, maar die mense kan katterig raak. Moenie artikels lees as jy nie daarvan hou nie……….

  • Rockmad

    Ek is beslis nie ‘n aanhanger van tatoo’s nie maar het ook geen probleem daarmee as ander mense dit doen nie. En ek verskil tog oor as mens oud word dat dit lelik raak…..my oupa het verskeie tatoo’s gehad en ‘n pragtige een van ‘n voel op sy arm en dit het nooit lelik geraak nie. Hy is oorlede op 85.

  • Santa

    Jy het die regte idee. Wanneer `n mens oor iets praat wat so lank seer gemaak het, word die las sommer baie ligter.Jy is vir ons almal `n voorbeeld van krag en deursettings vermoë. Dankie daarvoor. Ek bid jou die keur van die Heer se seëninge toe. Wil ook net sê, jy is nou vir my nou selfs mooier as toe jy jonk was.

  • Tertia

    Dankie dat jy met soveel deurnis na die mens agter die mens kyk. Ek het na jou eerste program gekyk en soveel onthou het terug gespoel. Daar is nog soveel stories wat jy kan aanraak want jou ervaaring het jou toegerus om met liefde en omgee die mense se stories te deel. ‘n Gedeelde seer of las word ‘n ligte las en ‘n meer hanteerbare seer. Ek kan aan geen beter mens dink as jy om ons gebroke nasie hiermee te help nie. Selfs die mense wat so persoonlik raak en seermaak, skuil soms agter gebroke einas en sien nie altyd die eintlike boodksap in n artikel nie.

  • Marina

    Sjoe, dit is interessant om almal se kommentaar op die artikels te sien. Ek vind die die blog interessant want dit verwoord juis dit waaroor ons baie dink en dit gee ons ‘n goeie breuk van korporatiewe en akademiese opinies.

    Mariana, jou kommentaar klink soos iemand wat ‘n tatoeeermerk letsel het wat nie deur die blote oog raakgesien kan word nie. Kom ond los maar die negatiewe opinies en lewer komentaar wat waarde toevoeg of jy nou saamstem of nie.

    Sien uit na die volgende bydraes Janie.

  • gelukkig-uit-die-mode

    Dit kan jy nou wraggies weer se, Janie. Hierdie tyd van die jaar lyk dit of ‘n vliegtuig uit ‘Chavshire’ sy binnegoed oor die suiderstrande verloor het en oral, maar oral wemel dit van presies daardie tipe ge-tatoo-eerdes. Dan wag mens maar tot siesta voordat jy die supermark aandurf, want op ‘n nugter maag is dit nie ‘n mooi prentjie nie.

  • Gooddoy

    Samuel L. sagt:Mit dem Update auf Version 2.2 hat Equinux die Geschwindigkeit deutlich erhf6ht. Nun macht es rtihcig Spass die App zu benutzten.Muss also mein Fazit auf 5 Sterne App korrigieren.Grudf Sammy