sr1207coverinside164rz
Diverse

Janie blog: Die swart hond op my stoep

My swart hond se naam is nie depressie nie. Sy naam is stres en ek het eintlik eers onlangs uitgevind hoe baie mense daarmee sukkel en hoe swaar dit vir baie mense is. Dis as ‘n mens se lewe en jou werk so oorweldigend raak dat dit soos depressie voel. Dis so asof jy hard probeer om iets reg te kry en doodeenvoudig net nie slaag nie. Party mense raak angstig weens stres, ander raak beduiweld of kort van draad, ander slaap, ander gaan aan die eet… dis nie ‘n grap nie.

My beste vriendin is ‘n kopdokter en sy sê stres het nie pille nodig nie. Sy sê dat stres asemhaling nodig het, of die regte dieet, ‘n bietjie sonskyn, lekker oefening en ‘n Van der Merwe-grappie. Maar, as jy nie iets daaraan doen nie en dit los, kan jy siek word, sê sy. As jy siek word, noem hulle dit depressie, en as jy dít kry, het jy pille nodig.

Stres is daai gevoel wat jy kry dat jy iets verloor. My ergste strestyd was vir jare lank in die nag. Ek het klokslag, byna elke aand net voor 3, wakker geword en my lê en bekommer oor al die “departemente” van my lewe – my kinders, my werk, my finansies en die toekoms – soos ‘n sirkel om en om. As ek die een gedagte ophou dink het, het ek bloot van rat verander en aan een van die ander goed op my top-10-streslys begin dink. Ek het die aande begin vrees, want weens die min slaap, was opstaan in die oggend vir my loutere hel. Dit het gevoel asof ek die hele tyd ‘n knop in my keel gehad het. Ek was later so uitgeput van die min slaap en ook so uitgeput van dieselfde gedagtes wat ek dag en nag net nie van kon wegkom nie. Dit was asof ek die hele tyd blues gehad het en net nie daaruit kon “kliek” nie.

Ek dink dat ek depressief gevoel het sonder om aan depressie te ly, en met die verwysing van ‘n vriendin het ek uit desperaatheid besluit om later NLP-terapie te probeer. Dit het gehelp, want dit het my baie laat fokus op hoe ek dink en wat ek dink. Binne weke het ek agtergekom dat die goed wat nie volgens my plan verloop het nie, die goed was waaroor ek gestres het. En, enige ding wat volgens my plan verloop het, het my gelukkig gemaak. Hoe dom was dit? G’n wonder ek het so gestres nie?

Ek het besluit om meer gedissiplineerd te wees met my dinkery en met eenvoudige oefeninge het my denkpatrone binne weke verander. Ek het beheer begin kry oor die dinge wat ek dink en self begin besluit wat dit sou wees. Ek het myself gedwing om nie meer aan ou koeie en slote te dink nie. Ek het myself gedwing om nie meer fantasieë oor die onbekende goed van die toekoms te hê nie. Ek het stadig maar seker weer die baas van my eie kop begin word en soos van ouds weer deurnag begin slaap.

Ons huishulp het dit mooi opgesom: “Julle mense, julle dink te veel!”

  • Madeleine

    Janie, ek stem 100% saam!! Ek stress my op oor my werk en dat daar nie genoeg ure in die dag is nie! En vandag toe besef ek – dis net ek wat stress !!!! Niemand anders in die kantoor is gepla nie, want hulle weet ek sal sorg dat dit klaar sal kom, maak nie saak hoeveel oortyd gewerk moet word omdat ek nog ‘n personeellid moet aflos nie!! Toe besluit ek – tot hiertoe en nie verder nie. As ek nie klaarkry nie, dan begin ek maar net weer moreoggend! Dit is nie moontlik om 2 mense te wees nie en dan aan die einde van die dag ly my gesin daaronder. Toe dit ‘uitval’ tyd is, het ek my kantoor toegesluit en huis toe gery. Die knoppe in my nek en skouers het ek op die treadmill gaan weg stap!!! Positiewe denke en oefening!!!!

  • Daleen Ballard

    Ja ..Dis absoluut so waar,ons doen soos jy se dink te veel en verkeerd ,ons moet baie meer positief wees en so bly..Ek was ook daar maar dis erg!!!! Jy verloor jou lewe,want dis of iemand wat jy afstaan aan die dood of egskeiding . Of wat ookal ..kies of jy gaan Treur (ja jy moet hoelank????????????????) En dan word tog net Asb weer positief,probeer want niemand gaan jou aanhou KAN troos nie ..Dit le net binne jou alleen om op te staan en natuurlik is dit hel swaar !!! PROBEER TOG NET ! WIE ANDERS AS JY EN GELOOF GAAN JOU DAARUIT KRY ? Wees net Positief !!!

  • I Logan

    Ek ly self aan depressie en sosiale angs versteuring. Ek sou graag so ‘n stukkie van my verhaal vir jou wou stuur. Is dit moontlik? Ek soek nie na publikasie of op die kassie wees nie, net mededeling. Mense kan so verkeerd verstaan maar ek weet ook dat dit moeilik is vir iemand wat nog nooit met die swart monster te doen gekry het nie.

    Ek het na die program gekyk en gewens ek was daar (agter die skerms) om ‘die ander kant’ te kan vertel.
    Wat maak jy wanneer, na 13 soorte medikasie wat nie gehelp het nie, jou dokter die volgende te hoor sê: Mrs L, there is nothing more I can do for you. Go home, get used to the fact that you suffer from chronic and periods of Major depression, that it is hereditary in your case and learn to live with it".

    Tussen ‘n klip en ‘n harde plek met die swart monster as jou maatjie!

  • I Logan

    HOE DIEP IS SEER

    Hoe diep is die seer hier binne jou?
    Laat ek jou sê….dit kou jou rou
    Die swart monster lê vir jou en wag
    en wanneer naby genoeg stoot hy jou met alle mag
    tot diep oor die afgrond af en begin knaag
    aan jou diepste menswees
    So laat ek jou sê hoe seer is hier pyn
    Die monster kou jou rou en jy begin kwyn

    Daar is net geen ophou van hierdie rondomtallie nie
    Want die swart monster het sy planne fyn uitgewerk
    Hy knyp en byt en kou jou waar dit die seerste maak
    en los jou nooit sonder om oor jou te waak
    Net soos jou kop weer bo in die sonlig uitsteek
    vind hy ‘n volgende stok om jou mee mak te breek
    Hy neem jou geheue, konsentrasie en wil om enigiets te doen vir homself
    en los jou met ‘n leë binnekant wat jy waarmee moet maak??? ?????????

    Hoe diep is die seer hier binne jou?
    Jy voel na niks, jy is leeg
    ‘n steen des aanstoots het jy geword, so glo jy
    want mense om jou se verstaan kom nooit by
    Hulle verstaan nie hierdie swart monster se werksmetode
    en dink jy’s net swak so hou op met hierdie twak!!!
    Staan op mens en doen iet met jou lewe, wat lê jy so
    Maar jy sal my moet vergewe, weet jy, want die swart monster sit nie onder jou dak

  • Janie du Plessis

    Slim Madeleine, slim…Stap daai stres en spanningskoppe in jou nek weg!

  • Auth

    komentarz nr 2418lol pisze: ale czy jest sens to remontowa????? z tego co wiem od osoby koemntentpej stan tej wili jest tragiczny czy koszta remontu nie przekrocz? warto?ci budynku plus dzia?ki .