Diverse

Janie blog: “Die waarheid”

Spioene moet leuenverklikkers kan omseil en sonder vrees deur X-straalmasjiene kan loop. Spioene moet goed kan lieg. As hulle dit nie kan doen nie, word hulle aan hul toonnaels iewers in ‘n kelder in ‘n koue land opgehang. Hoe meer ek oor die liegery van ‘n spioen begin dink het, hoe meer het ek my lus vir vodka drink saam met die Russe verloor, want om ‘n geheim te hou is baie, baie moeilik.

Dié week se episode oor die Helderberg-geheim het my opnuut laat besef hoe belangrik dit vir mense is om die waarheid te weet. In my onderhoud en met my navorsing oor die program was dit duidelik dat dit vir die families nie gaan oor vervolging nie, maar bloot oor die waarheid en daarmee saam die voltooiing en afsluiting van ‘n pynlike verhaal.

Aan die ander kant kan ek my nie voorstel hoe moeilik dit moet wees vir die mense wat die Helderberg se geheim moes bewaar nie. Dis gewone mense wat net hul werk gedoen het en toe deur die tragedie gedompel is in ‘n situasie waar hulle waarskynlik gedwing is om te swyg.

In my eie lewe bevraagteken ek daagliks die kwessie van die waarheid. As ma, het ek al so geworstel met die vertel van ‘n storie aan ‘n kind of iemand wat vir my lief is.

Moet die waarheid nie partykeer ‘n bietjie wag nie?

Wat doen jy as jy vir jou kind iets wil sê maar net nie weet hoe nie, of as jy voel dat hulle nog te klein is vir die nuus? Wat sê jy alles vir ‘n kind as jy byvoorbeeld skei? Deel jy die redes van die egskeiding met die kind? Is dit nodig dat ‘n kind alles weet? Wat van ‘n pa wat tronk toe gaan? Drank- of dwelmmisbruik? Ontrouheid? Wanneer is ‘n kind oud genoeg vir die waarheid en is dit altyd nodig om alles te vertel?

Wie leer vir ons as ouers wat die regte dosis waarheid is wat ons aan ons kinders moet oordra sodat hulle betrokke kan voel by dit wat om hulle in die huis gebeur?

Met siekte en egskeiding, alles gelyk onder my dak toe die kinders klein was, het ek besluit om te wag met van die waarhede. My kinders was so getraumatiseer dat ek besluit het om sekere dinge eers met hulle te deel as hulle ‘n bietjie ouer is. Dis nie dat ek nie die waarheid kon praat nie. Dis net dat ek gevoel het dat ek hulle wou beskerm. Soos wat hulle ouer geword het, het ek stadig, die verhale een vir een, bietjies-bietjies oorvertel in ‘n taal wat ek gevoel het reg was vir elkeen.

Of jy nou die een is wat wag vir die waarheid of die een wat die waarheid moet oordra, dit is so dat dit ‘n helende en bevrydende proses is.

Die tyd leer ons gelukkig wanneer ons nie meer dubbelagente onder ons eie dak hoef te wees nie.

  • Freda

    Janie het ‘n baie oulike program – ek glo baie sal saamstem. Wat haar persoonlike lewe aanbetref haal ek my hoed vir haar af. Ek dink sy is deur hel terwyl die wereld net gedink het sy het hierdie lekker rykmanslewe met baie glans en oorvloed. Bewys net weer dat ons bitter min weet wat in ‘n ander se lewe aangaan. Daarom is dit baie belangrik om nie altyd net kritiek te lewer nie. Ek glo sy is nou "bevry" vandat sy meer van haar persoonlike probleme met ander gedeel het. Sy word ook net mooier soos sy ouer word. Baie sterkte Janie!

  • Mamma

    Baie waar – WAARHEID het ook sy eie taal……….die harde waarheid v s die sagte waarheid wat dan soos jy se in die kind se taal en verstaan is..Hulle gee jou wonderlike leidrade wanneer hulle reg is vir ‘n mate van verstaan van die dinge van die lewe….nou die dag het my waarheid my gebring om moeilike goeters soos verassing te verduidelik aan ‘n 3 en 5 jarige en hul kinderlike taal na ‘n hemelse verduideliking om te swaai…"liefies, jul ouma het oupa se as oor die see gestrooi…Nou swem hy dan saam met die vissies? (3 jarige)..Nee hy is by Jesus in die wolke….en ja self dan maak die waarheid my trane wegloop na hemelseplekke……

  • LINDA ENGELMOHR

    Ek is altyd bekommerd dat iemand hulle monde verby gaan praat en dan vind die kinders of persoon die waarheid uit op dalk ‘n skewe manier. So ek stem saam vertel wat hulle kan absorbeer op die spesifieke ouderdom maar vertel ALTYD die waarheid.

  • Belinda Schafer

    Stem saam met Freda..Ek dink baie mense word net deur pleinweg jaloesie gekritiseer . Janie is n mooi en talentvolle vrou en sy interesseer mense en daarom alewig die kritiek. Ons Suid-Afrikaners het een groot siekte en dit is dat ons n ander niks gun nie en vreeslik kompiterend is..weens n groot gebrek aan selfvertroue en minderwaardigheidskomplekse. Waarom verlekker mense, veral familie en vriende hulle so in n ander se ondergang ? Die hoee bome vang altyd die meeste wind..Hou jou kop hoog Janie..Ek weet ook hoe dit voel en verwonder my oor hoe maklik mense praat en nie besef waarvan hulle praat nie..Loop eers in n ander se skoene voor jy saampraat met hulle of beter wil weet.Gelukkig draai die wiel vir almal.

  • Helene Coetzee

    Ek is mal oor "Wat mense sê" Janie het `n besonderse manier om met haar gaste te praat en hulle op hulle gemak te stel – `n halfuur is te kort – ons soek `n uur program!! Janie, wat van `n program oor Fibromialgie?? Ek is `n Fibromialgie-lyer en is bereid om my storie te deel…dis `n siekte/sindroom waaroor baie mense en dokters in SA nog baie onkundig is en al meer mense word daarmee gediagnoseer. Ek dink "Wat mense sê" is die ideale platform om mense bewus te maak! Helene

  • Vaggelis

    Sabine sagt:Sehr ausf hrliche und intnaessrete Buchbesprechung.Vor allem wenn sich die Menschen hinter dem Buch selbst zu Wort melden und nicht nur dankbar f r Lob, sondern auch empf nglich f r Kritik sind.Hat mir sehr gefallen und meine Neugier auf das Buch geweckt!